SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue1A critique of normative constructions of age in four intertextually connected texts: Alba Bouwer's Stories van Rivierplaas, Reza de Wet's Diepe Grond and African Gothic, and Etienne Kallos's EersgeboreneOskar en die Pienk Tannie: The journey of an improbable pair from a French to an Afrikaans stage author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

OOSTHUIZEN, Izak J  and  VAN DER WALT, Johannes L. Waardegedrewe opvoedende onderwys in die konteks van godsdiensvryheid as mensereg. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.57-70. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a5.

Onderwys in skole behels wesenlik leiding aan leerders om voorgeskrewe kennis en vaardighede onder die knie te kry. Die meeste skoolgemeenskappe vereis egter meer as net sulke blote onderrig-leerhandelinge en spits hulle gevolglik toe op opvoedende onderwys, dit wil sê vorme van onderwys gerig op die toerusting en vorming van leerders met die oog op hulle toekomstige lewensroeping. Skoolgemeenskappe gee by wyse van hulle beheerliggame uitdrukking aan dergelike vormings- en toerustingswaardes in hulle skole se visie- en missiestellings. Sulke opvoedende onderwyswaardes vloei voort uit die betrokke skoolge-meenskap se godsdienstige, spirituele en lewensbeskoulike waardes, en kan slegs uitgeleef word in 'n regsomgewing waar godsdiensvryheid as mensereg erken word. In Suid-Afrika word hierdie reg wel erken, maar enkele klein verstellings aan wetgewing en riglyne kan omstandighede nog gunstiger vir skole maak om hulle lewensbeskoulike identiteit ten volle te kan uitleef. Wetgewing behoort byvoorbeeld duideliker te stel dat die beheerliggame van skole, ook van openbare skole, die reg het om die lewensbeskoulike identiteit van hulle betrokke skool te bepaal en uit te leef, op voorwaarde dat dit geskied op niediskriminerende wyse teenoor leerders en hulle gemeenskappe wat ander gelowe aanhang.

Keywords : menseregte; godsdiensvryheid; waardes; onderrig en leer; opvoeding; onderwys; skoolidentiteit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License