SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue1King Kong adapatations (1959-2017): Transversing culture and society"Realness" in images: The adaptation of verbatim text to stage images with specific reference to tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie (2018) author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BEKINK, Bernard. Suid-Afrika se hoogste hof gee die gemeenregtelike verweer van ouerlike bevoegdheid tot redelike en matige tugtiging 'n doodskoot: Nabetragting oor die saak van Freedom of Religion SA v Minister of Justice and Others 2020 (1) SA 1 (KH). Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.39-56. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a4.

Die regsdebat oor die geldigheid van die gemeenregtelike verweer waaroor ouers tot onlangs nog binne die Suid-Afrikaanse regstelsel beskik het, naamlik die bevoegdheid tot redelike en matige tugtiging van hulle kinders, word al meer as 'n honderd jaar lank in Suid-Afrika gevoer. Nieteenstaande die lang duur van die debat en die belangrike uitwerking van die staatsregtelike ontwikkeling in Suid-Afrika onder die Grondwet van die RSA, 1996, in samehang met die vereistes van die internasionale reg, het daar eers in September 2019 regsekerheid oor dié bepaalde regsvraag gekom. In Freedom of Religion SA v Minister of Justice and Others het die Konstitusionele Hof, Suid-Afrika se hoogste hof, beslis dat die gemeenregtelike verweer van ouerlike bevoegdheid tot redelike en matige tugtiging van hulle kinders, selfs in hulle private wonings, ongrondwetlik en derhalwe ongeldig is. Ná opweging van al die mededingende belange en regte van sowel ouers as hulle kinders kom die hof tot die finale beslissing dat daar regtens geen regverdiging meer bestaan vir die voortgesette behoud van fisieke ouerlike tugtiging nie, selfs nie eens op grond van godsdienstige riglyne nie, en derhalwe ook nie vir die volgehoue inbreukmaking op die regte van kinders wat aan sodanige tugtigingspraktyke blootgestel word nie. Tensy daar ander regswysigings binne die Suid-Afrikaanse regstelsel aangebring word, beteken hierdie beslissing van die hof dat die toediening deur ouers van redelike en matige fisieke tugtiging aan hulle kinders 'n finale doodskoot gekry het.

Keywords : redelike en matige tugtiging; lyfstraf; gemenereg; beste belang; aanranding; menswaardigheid; beperking van regte; tugtigings-bevoegdheid; positiewe ouerskap; opvoeding; geweld.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License