SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1Religion and law: A few historical and systematic perspectivesSouth Africa's highest court deals a mortal blow to the common-law defence of parental authority to administer reasonable and moderate correction: Reflecting on the case of Freedom of Religion SA v Minister of Justice and Others 2020 (1) SA1 (CC) índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER VYVER, Johan D. Die reg op selfbeskikking van godsdiensgroepe in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.1, pp.25-38. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n1a3.

Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, is 'n godsdiens-vriendelike manifes omdat vryheid van godsdiens nie alleen in die lewe van die gelowige van belang is nie, maar ook vir die staat van groot waarde kan wees. Die Grondwet maak onder meer voorsiening vir die reg op selfbeskikking van godsdiensgroepe, wat beteken dat lede van godsdienstige gemeenskappe hulle godsdiens kan beoefen sonder ongegronde staatsinmenging. Die reg op selfbeskikking is egter nie ' n absolute reg nie en is onder meer aan die bepalings van die Handves van Regte ondergeskik. Daar word in dié verband verwys na regspraak wat op godsdiensonderrig in skole, en die toepassing van gedragskodes in die onderwys wat met godsdienstige gebruike in stryd mag wees, van toepassing is, asook na 'n verset teen die verbod op lyfstraf, omdat die verbod sogenaamd met godsdienstige leerstelling in stryd sou wees. Suid-Afrika onderhou ook die soewereiniteit in eie kring van godsdiensorganisasies, wat daarop neerkom dat die staat nie sal inmeng in interne besluite en praktyke van kerke en ander godsdiens-gerigte organisasies nie. Regspraak wat in dié verband ter sprake kom, het betrekking op tugmaatreëls wat teen 'n lid van die Ortodokse Joodse gemeenskap van Johannesburg ingestel is omdat hy 'n kerklike onderhoudsbevel verontagsaam het, en die afdanking van 'n vroulike predikant van die Metodiste Kerk in Rondebosch omdat sy met 'n ander vrou in die huwelik getree het. Die afdanking van 'n orrelonderwyser in die Kunsakademie van die Moreletaparkse gemeente van die NG Kerk as gevolg van sy selfdegeslagverhouding is egter nie deur die Gelykheidshof gehandhaaf nie, omdat die dienste van die orrelonderwyser as 'n onafhanklike kontrakteur nie met die geestellike roeping van die Kerk te make gehad het nie. Die beleid van die staat ten opsigte van die kerk en godsdienstige praktyke kan as 'n beleid van objektiwiteit beskryf word.

Palabras clave : godsdiensvryheid; reg op selfbeskikking; godsdiensonderrig; lyfstraf; soewereiniteit in eie kring; kerklike tugmaatreëls; selfdegeslagsver-houdinge; objektiwiteit.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons