SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue4-2Manifestations of sensory perception in some poems included in two digital Byderhand installations at Worcester, South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

GREYLING, Franci. "Wie is dan blind?" Beliggaamde ruimte in lokatiewe narratiewe deur persone met sigge-stremdheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-2, pp.1386-1409. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-2a16.

Die artikel behels 'n ondersoek na die beliggaamde ruimte in lokatiewe narratiewe deur persone met siggestremdheid. Die Pionierstorieversameling wat op die skoolterrein van 'n skool vir leerders met siggestremdheid geïnstalleer is, bestaan uit verhale, vertellings en gedigte deur leerders en oudleerders van die betrokke skool. In hierdie artikel word ondersoek hoe die Pio-nierstories as lokatiewe narratiewe moontlik insig sou kon bied in die plekervaring van die skrywers, asook sou kon bydra tot lesers se verdiepte ervaring van die plek en tot die sig-baarmaking (bewuswording) van stories, liggame en gemeenskappe. Om die Pionierstories binne dié konteks te verstaan, word 'n raamwerk saamgestel waarin die konsepte van beliggaamde ruimte en ingeplaastheid bespreek word, soos dit verband hou met die multisensoriese aard van waarneming, die ingeplaaste skryfaksie, met narratiewe van persoonlike ervaring en die ekosomatiese benadering tot gestremdheid; asook met die beliggaamde ervaring van die ingeplaaste leser-deelnemer. Vier verhale uit die versameling word aan die hand van sodanige raamwerk bespreek. Die geïntegreerde uitbeelding van die konkrete én abstrakte aspekte van plek in die Pionierstories, demonstreer die verweefde dimensies wat die ervaring van plek bepaal, die sentrale rol en agentskapfunksies van die ingeplaaste skrywer in plekskepping, asook die konkreetheid van die ervaring deur die leser-deelnemer in die betrokke lokatiewe installasie soos dit tot die verhoogde sigbaarheid van die stories, liggame en die gemeenskap bydra.

Keywords : lokatiewe narratiewe; lokatiewe literatuur; mobiele stories; sigge-stremdheid; beliggaamde ruimte; beliggaming; ingeplaastheid; ingeplaaste skryfaksie; lewenstories; lewensverhale; persoonlike narratiewe; narratiewe identiteit; multisensoriese waarneming; gemeenskap; plekskepping; ekosomatiese benadering.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License