SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-2The ByderhandPioneer Project: A case study of the participatory dynamics in creating and accessibilising locative literature for persons with visual impairment"So, who is blind?" Embodied space in locative narratives by people with visual impairment índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

ODENDAAL, Bernard. Manifestasies van sintuiglikheid in enkele gedigte ingesluit by twee digitale Byderhand-installasies te Worcester. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-2, pp.1363-1385. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-2a15.

In die Westerse tradisie word veral sig, maar ook gehoor, as 'n "hoër" sintuiglike vermoë geag. Hiertoe dra die versnelde opkoms van 'n wetenskapskultuur oor veral die afgelope twee eeue by. Beelding gebaseer op veral visuele waarneming oorheers ook in die digkuns, soos waarneembaar is in die meeste gedigte opgeneem in twee Byderhandprojek- digitale installasies by die Pionierskool en in die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin te Worcester. Die tassintuig speel 'n belangrike rol in siggestremdes se verkenning van voorwerpe en ruimtes. Betasting verg beweging, sodat siggestremdes se waarnemingswyse deur beweging gekenmerk word. Analogisering van sintuiglike waarnemings (sinestesie) is nog 'n strategie wat dikwels deur hulle benut word. Meer onlangse navorsing beklemtoon dat daar, naas die uiterlike sintuie, ook intero-reseptore (vir waarneming van, byvoorbeeld, balans en beweging) is wat die mens se persepsie bepaal. Sodoende word beliggaamde belewing moontlik. Laasgenoemde dien as teenvoeter vir die kultureel en talig gemedieerde omgang met ver-skynsels wat, in Lacaniaanse terme, so kenmerkend die Simboliese Ordening daarvan oorheers. Vier gedigte uit die Byderhandprojek-versameling te Worcester wat in hierdie artikel bespreek word demonstreer, op verskeie wyses, bogenoemde aspekte van sintuiglikheid. Die ingeplaastheid van estetiese belewing wat hierdie geïnstalleerde tekste bemiddel, korreleer voorts met die begeerte na liggaamlike toenadering tot die Karoo-natuurverskynsels wat in die gedigte uitgedruk word.

Palavras-chave : Byderhandprojek; plekspesifieke digitale poësie; sintuiglikheid; ekstero-reseptore; intero-reseptore; kulturele bepaaldheid; siggestremdheid; Worcester; psigo-analise; Jacques Lacan; beliggaamde persepsie; ingeplaastheid.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons