SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-2The value of academic labourManifestations of sensory perception in some poems included in two digital Byderhand installations at Worcester, South Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

GREYLING, Franci; VERHOEF, Suna  e  TEMPELHOFF, Gustaf. Die Byderhand-Pionierprojek: 'n Gevallestudie van die deelnemende dinamika in die skep en toeganklikmaking van lokatiewe literatuur vir persone met siggestremdheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-2, pp.1336-1362. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-2a14.

Die artikel bied, deur 'n bespreking van die Byderhand-Pionierprojek as gevallestudie, 'n blik op die praktiese implementering van deelnemende en skeppende interdissiplinêre projekte in die Digitale Humaniora. Die Byderhand-Pionierprojek, wat lokatiewe literatuurinstallasies in Worcester in die Wes-Kaap behels, is uniek in dié opsig dat die multimodale literatuurinstallasies vir persone met siggestremdheid toeganklik is en dat persone met siggestremdheid 'n integrale rol in die totstandkoming van die projek gespeel het. Die artikel fokus op die kontekstualisering van die gevergde deelnemende benadering; op die projekkonseptualisering en -raamwerk; op die deelnemende dinamika wat die totstandkoming van die multisensoriese tuin, die skep van die digitale literatuur daarby betrokke, en die toeganklikmaking van sodanige inhoud moontlik gemaak het (koppelvlakontwerp); en op nabetragting oor en gevolgtrekkings aangaande die projekbenadering. Deelname aan die projek het die projekspan bewus gemaak van die behoeftes van persone met siggestremdheid en van die noodsaak van groter inklusiwiteit en toeganklikheid van kultuurprodukte - in die besonder soos dit ten opsigte van koppelvlakontwerp en digitale aanbieding van literatuur tot uitdrukking kom.

Palavras-chave : lokatiewe literatuur; digitale literatuur; plekspesifieke literatuur; deelnemende benadering; deelnemende dinamika; praktykgebaseerde navorsing; samewerking; siggestremdheid; multisensoriese tuin; koppelvlakontwerp; toeganklikheid; mede-ontwerp; toegepaste digitaleliteratuurstudies.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons