Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares en Google
Compartir
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751
Resumen
KLEYNHANS, Ewert PJ. Die waarde van akademiese arbeid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-2, pp.1317-1333. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-2a12.
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het sopas sy 110de bestaansjaar herdenk en dit is die aangewese tyd om te reflekteer op die waarde van akademiese arbeid. Die artikel ondersoek die hoë waarde van akademiese arbeid en die motiewe van akademici. Akademici ervaar geleerdheid, onderrig en navorsing as iets verhewe. Dis nie slegs hul dagtaak nie, maar dien as 'n besondere roeping. Vervolgens word die universiteit as 'n onderneming beskou waarna gelet word op die praktiese waarde van die akademie en die mate wat dit met die ontwikkeling van die mensdom, veral op ekonomiese gebied, saamhang. Dit doen ook 'n beroep op akademici om meer algemene, basiese en generiese navorsing, sonder noodwendig 'n besondere doel, te onderneem. Nuttelose navorsing, sonder 'n spesifieke praktiese doel, word as van die waardevolste voorgehou. Die artikel sluit af deur te beklemtoon dat navorsing eerstens ter wille van die intrinsieke waarde, genot en bevrediging wat dit bring moet plaasvind, maar daar word beklemtoon dat hoë akademiese standaarde steeds te alle tye moet geld.
Palabras clave : akademie; universiteit; navorsing; studie; onderrig; skole; geletterdheid; tegnologie; kennis; wiskunde; verwondering; roeping; wysheid.