SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue4-2A generalised model to measure brand loyaltyThe value of academic labour author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

LOTTER, Hennie. Putnam se gebrekkige modellering van sy brein-in-'n-houer-denkeksperiment. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-2, pp.1295-1316. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-2a11.

Hilary Putnam gebruik die "brein-in-'n-houer"-denkeksperiment om die voorwaardes van verwysing (referensie) deur middel van taal te ondersoek. Hy bou 'n moontlike wêreld vir sy brein-in-'n-houer (BIH) om te demonstreer dat sulke breine nooit self deur middel van taal sal kan aandui dat hulle breine-in-'n-houer is nie. Die rede hiervoor is dat die taal van so 'n brein nooit die vermoë om te verwys ontwikkel nie, omrede die taal van die brein-in-'n-houer nooit kontak maak met 'n buitetalige werklikheid nie. Putnam maak die teoretiese aanname dat die menslike verstand geen toegang het tot 'n buitetalige werklikheid nie, buiten die toegang wat ons sintuie verskaf. Ek redeneer dat Putnam foutiewelik die buitetalige werklikheid gelykstel aan dit waartoe ons tradisionele vyf sintuie ons toegang gee. As hierdie stelling korrek is, dan is Putnam se modellering van die menslike verstand/brein onakkuraat, aangesien hy nalaat om kerneienskappe van die funksionering van die menslike brein in te sluit in sy brein-in-'n-houer-denkeksperiment. Hierdie bevinding impliseer dat mense, korrek gemodelleer, baie sterker kwaliteite besit as wat Putnam in sy BIH-denkeksperiment ten toon stel.

Keywords : Putnam; brein-in-'n-houer; 1 skeptisisme; denkeksperiment; modellering; semantiese eksternalisme; verwysing.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License