SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-2The Bailie's Party trilogy: Karel Schoeman (and MD Nash) and the 1820 British SettlersA generalised model to measure brand loyalty índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BOTHA, Willem J. Afrikaansontmagtiging. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-2, pp.1258-1279. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-2a9.

Afrikaans, soos enige ander taal, is nie slegs 'n kommunikasiemedium nie. Indien dit die vertrekpunt sou wees, vereenvoudig dit diegene se pogings om die waarde van Afrikaans tot blote kommunikasiemiddel te reduseer. Die simboolgeaardheid van taal word gevolglik in die kollig geplaas om 'n strategie aan te dui wat ideologiese manipulasie in die hand werk. Op grond van die feit dat pej oratiewe taaluitdrukkings in die verlede (en steeds) Afrikaans gemetaforiseer het as 'n lewende entiteit, kon die begripsmetafoor Afrikaans is apartheid as uitvloeisel van die betekenisse van genoemde metafore vir bepaalde konseptualiseerders dien. Dit het meegebring dat 'n bepaalde negatiewe affektiewe betekenisdimensie aan die taal Afrikaans toegevoeg is. Afrikaans is gevolglik bejeën teen die agtergrond van 'n moraliteitskragveld op grond waarvan Afrikaans se status om bepaalde ideologiese redes afgeskaal is in teenstelling met die status wat dit voorheen gehad het. Afrikaans word gesien as apartheidstaal, 'n taal wat transformasie blokkeer en 'n taal wat mense binne formele en amptelike omgewings uitsluit. Verder word in die hierdie artikel die konseptuele metafoor Afrikaans is apartheid ontleed, en word daar aangedui hoedat 'n oneweredige konseptuele invoer uit bepaalde denkruimtes Afrikaans noodwendig in 'n ongunstige posisie plaas. Daar word ook gewag gemaak van wat "conceptual framing" genoem word, ook beskryf as "conceptual engineering" of konseptuele inperking, en hoedat Afrikaans se status deur die genoemde strategieë benadeel word. Die konseptuele struktuur van die begrip transformasie word onder die loep geneem om aan te toon hoedat die woord transformasie gebruik word om Afrikaans moreel in onguns te bring omdat Afrikaans sogenaamd transformasie blokkeer. 'n Uiteensetting word gegee van die kompleksiteit van die begrip moraliteit. Teen die agtergrond van die verskillende moraliteitskemas word die billikheidskema met betrekkking tot Afrikaans ontleed. Besluitnemers oor die status van Afrikaans in die verlede, tans en in die toekoms word onderwerp aan enkele indringende vrae waaroor uitsluitsel gekry moes word - of in die toekoms gekry sal moet word.

Palabras clave : Afrikaans; simbool; konsep; metafoor; emosie; moraliteit; ontmagtiging; transformasie; waarheid; billikheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons