SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-2Citizenship Education for living successfully in 2050 and beyondThe Bailie's Party trilogy: Karel Schoeman (and MD Nash) and the 1820 British Settlers índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STRAUSS, PJ. Die NG Kerk en die Rebellie van 1914-1915: Was die Raad van Kerke kerklik versoenend?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-2, pp.1226-1242. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-2a7.

Die Rebellie van 1914 tot 1915 sou vir dekades 'n spoor van verdeeldheid onder Afrikaners laat. Hierdie stryd of botsing was hoofsaaklik tussen Afrikaners as regeringsoldate aan die een en rebelle aan die ander kant. Die Rebellie sou volg op die besluit van die Suid-Afrikaanse Regering, bestaande uit oorwegend Afrikaners, op 12 September 1914, naamlik om Duits-Suidwes-Afrika (Namibië) in te val en oor neem. Die agtergrond was die Eerste Wereldoorlog en die motief strategiese redes wat Brittanje in sy stryd teen Duitsland kon help. Die Unie van Suid-Afrika was sedert 1910 onafhanklik onder die Britse kroon. Afrikanerrebelle kon hierdie besluit nie aanvaar nie. Die aggressie teen Duits-Suidwes was offensief van aard en die meeste Afrikaners voorstanders van slegs 'n defensiewe oorlog. Die Rebellie was van korte duur: van 27 Oktober 1914 tot aan die begin van Februarie 1915. As 'n protes was die Rebellie 'n tragedie: dit was nie goed beplan of uitgevoer nie. Hierdie saak sou die agenda van die NG Kerk kruis. 'n Spesiale vergadering van die Federale Raad van NG Kerke (RvK) word vanaf 27 tot 29 Januarie 1915 in Bloemfontein byeengeroep om daaroor te besluit. Die vergadering van die Raad word voorafgegaan deur 'n konferensie van die RvK met 92 NG predikante "uit alle deelen der kerk". Volgens die Raad moet die regering erken en wet en orde in staat, kerk en gesin eerbiedig word. Verset teen 'n wettige owerheid moet in die lig van Gods Woord en 'n Bybels-verligte gewete geregverdig word. Die huidige opstand kan nie net met geweld beantwoord word nie. Owerheid en volk moet die redes vir die opstand grondig ondersoek en regverdig hanteer. Teregstellings soos die doodstraf van Jopie Fourie moet gestaak word. Kerklike tug in sake met 'n politieke inhoud is verdag. Die RvK kies nie kant nie en begenadiging en gesprek as stappe tot versoening word voorgestel.

Palabras clave : Rebellie; opstand in lig van Woord; eerbied vir regeringsgesag; opstand of rebellie uit Gods Woord geregverdig; ondersoek van teenoorstaande standpunte saak; regverdigheid en vergifnis; versoening en regverdig-heid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons