SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue4-2(The) Utopia(n) and becoming (other) in Neill Blomkamp's science-fiction trilogy: District 9 (2009), Elysium (2013) and Chappie (2015)Citizenship Education for living successfully in 2050 and beyond author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

GROBBELAAR, Jan  and  JONES, Chris. Die kwesbaarheid van kinders in die konteks van Suid-Afrikaanse huishoudings en families. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-2, pp.1187-1203. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-2a5.

In hierdie artikel bespreek ons die kwesbaarheid van baie kinders wat in Suid-Afrika woon, met die doel om noodsaaklike insae in die daaglikse lewensomstandighede van soveel kwesbare kinders van Suid-Afrika te bevorder. Die artikel begin deur kortliks te verwys na die sosiale en politieke kontekste wat die lewens van kinders bedreig. Dit fokus dan meer spesifiek op huishoudings en familiestrukture en hoe ons oor hierdie ingewikkelde, vervlegde en moeilik onderskeibare konsepte behoort te dink. Hierna volg 'n kort bespreking van teenwoordige en afwesige ouers, wat uitwys dat Suid-Afrika uniek is in die mate waarin ouers, veral vaders, afwesig is in die daaglikse doen en late van hul kinders. Ook kom grootouers wat in die afwesigheid van ouers na hul kleinkinders omsien, aan die beurt, en die belangrike rol wat die uitgebreide familie in die grootmaak van kinders speel, word uitgewys. Dan word stilgestaan by migrasie, veral deur adolessente, met die oog daarop om toegang tot nuwe geleenthede te kry. Uiteraard gaan daar bedreiginge hiermee saam. Hierna val die soeklig op weeskinders, asook op huishoudings wat net uit kinders bestaan en waar 'n minderjarige gevolglik as die hoof van so 'n huishouding moet funksioneer. Laastens kom die baie belangrike kwessie van behuising en basiese dienste aan die beurt, en word die groot ongelykheid in ons land soos weerspieël in die toegang of gebrek aan basiese dienste, aangetoon.

Keywords : kwesbaarheid; kinders; huishouding; gesin; familie; teenwoordige en afwesige ouers; grootouers; migrasie; weeskinders; huishoudings wat slegs uit kinders bestaan; behuising; basiese dienste.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License