SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-1Language change in the Afrikaans translations of the Gospel of MarkProblems with and after the direct translation índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

KUTZE, Ernst F. Gesag en solidariteit: Aanspreekvorme en pronominale persoonsverwysings in die Afrikaanse Bybelvertaling van 2020. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-1, pp.1066-1091. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-1a13.

Die Bybelvertaling van 2020 neem kennis van die funksionalistiese vertaalmodel van Christiane Nord (1997, 2001) as beoordelingsraamwerk wat die funksie(s) wat dit bedoel is om te vervul, vooropstel. Hierdie funksie, soos verwoord in die vertaalopdrag (skopos) van die opdraggewer, hou in dat die vertaalde teks sowel bronkultuur-georiënteerd as eietyds qua taalgebruik moet wees. 'n Belangrike riglyn is die nosie van 'n "direkte" vertaling, waarvolgens die bronteks nie deur die vertaler geïnterpreteer moet word nie, maar die leser direk aanspreek, as sou die skrywer die teks in die ontvangertaal geskryf het. Een terrein wat egter wel 'n mate van interpretasie noodsaak, is die gebruik van tweedepersoonsvoornaamwoorde as aanspreekvorm. Die keuse van so 'n voornaamwoord word dikwels bepaal deur die verhouding tussen die spreker en die aangesprokene, wat in Afrikaans uitgedruk word deur die keuse tussen 'n formele vorm (u) en 'n informele vorm (jy/jou/julle), 'n onderskeid wat nie in die brontale gemaak word nie (vgl. Unseth 2020). In die literatuur word daar na sulke vorme in verskillende tale verwys met behulp van die afkortings V (van die Latyn vos - 'u') en T (Latyn tu - 'jy'). Hierdie artikel fokus dan spesifiek op die keuses wat in Afrikaans gemaak word tussen V en T. Dit is egter nie slegs faktore soos formaliteit of sosiale asimmetrie tussen die spreker en aangesprokene nie, maar ook houdings en emosies wat deur die keuse tussen V en T weerspieël kan word. Volgens 'n artikel van Brown en Gilman (2003) dui die aanspreekvariante (V en T) onderskeidelik 'n dinamika van gesag of mag (V) en 'n dinamika van solidariteit (T) aan. Hierdie onderskeid in die vertaling noodsaak 'n transposisie van die historiese werklikheid in die Bybelse brontekste na 'n Afrikaanstalige perspektief. Die artikel illustreer dit aan die hand van bepaalde tekste, bring dit in verband met die wyse waarop tale soos Nederlands, Engels, Duits en Noors dié verhoudings weergee, en tref 'n vergelyking, vanuit taalhistoriese perspektief, tussen die wyse waarop opeenvolgende Afrikaanse Bybelvertalings deur die Bybelgenootskap sulke verwysings hanteer in die Evangelie van Matteus.

Palabras clave : aanspreekvorm; Afrikaans; asimmetriese gespreksituasie; Bybelver-taling; dinamiek van mag; direkte vertaling; eerbied; funksionalistiese vertaling; gesag; houding; Nederlands; pragmatiek; solidariteit; T/V-vorme; taalhandeling; voornaamwoord.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons