SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-1Literary aspects of the 2020 translation of the Bible in Afrikaans and the contribution of the literary advisors in the process of translationAuthority and solidarity: Forms of address and pronominal personal references in the Afrikaans Bible translation of 2020 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

CONRADIE, C Jac. Taalverandering in die Afrikaanse vertalings van die Evangelie van Markus. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-1, pp.1047-1065. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-1a12.

'n Sewetal vertalings van die Markus-Evangelie (in die teks aangedui deur V en die verskyningsdatum, met verdere inligting in die bibliografie) word vergelyk om na te gaan in watter mate hulle die ontwikkeling van Afrikaans in die afgelope eeu of meer weerspieël. Op die gebied van die adjektiwiese en naamwoordelike morfologie word gekyk na die verlies van die -e-uitgang van attributiewe byvoeglike naamwoorde soos ou(w)e en die toevoeging van 'n meervouds-s by afgeleide selfstandige naamwoorde soos (die) arme. Daar word nagegaan hoe aanspreekvorme soos gy, u, jy, jou en julle in verskillende gespreksituasies gebruik word. Die -f-we-wisseling by werkwoorde soos sterf/sterwe en die -t/-n-wisseling by werk-woorde soos gaat/gaan word ondersoek en die funksionele verspreiding van die vorme as imperatief, persoonsvorm en infinitief nagegaan.NA: 'n Seleksie van werkwoordelike konstruksies word ondersoek, byvoorbeeld die vervanging van deur het in (die haan) sal gekraai hê/het, die ontwikkeling van die wenskonstruksie ons wil dat u ... : ons wil hê u moet, die gebruik en verlies van preteritumvorme soos mog, werd, wis en had, die vervanging van die hulpwerkwoord is deur het by onakkusatiewe werkwoorde, soos in hulle is/het gekom, en die vervanging van die historiese presens in verhalende gedeeltes deur die perfektum Niewerkwoordelike konstruksies wat aan bod kom, is onder meer die gebruik van die voorsetsel vir voor 'n direkte voorwerp en die negatiefpartikel of "tweede nie" en reduplikasie. Twee items van leksikale aard wat bespreek word, is die moontlike verwarring tussen die uitdrukking "om iets kwalik te neem" en "om iemand iets kwalik te neem" en die gebruik van modale partikels soos miskien, tog, mos en darem as semantiese aanvulling van sommige gedeeltes.

Palabras clave : attributiewe vorm; aanspreekvorm; historiese presens; historiese taalverandering; imperatief; modale partikel; negatiefpartikel; onak-kusatief; ontkenning; perfektum; plusquamperfectum; voltooide deelwoord; preteritum; reduplikasie; standaardisering; taalvariasie; vertaling.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons