SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-1Translators cross swords! Translation problems relating to the sword as a weapon in 1 and 2 MaccabeesLiterary aspects of the 2020 translation of the Bible in Afrikaans and the contribution of the literary advisors in the process of translation índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DE WET, Karen. Die derde Afrikaanse Kerkbybel: Proses en praktyk van 'n direkte vertaling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-1, pp.1007-1027. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-1a10.

Die vertaalprojek van die derde Afrikaanse Kerkbybel, Die Bybel (2020), word in hierdie artikel in oënskou geneem. Die aanvang van die projek (die versoek om 'n vertaling, die werk van die loodskomitee) word beskryf en ook die uitgangspunte wat die vertaalpraktyk sou oriënteer (die vertaalopdrag, 'n direkte vertaling wat bronteksgeoriënteer en doeltaalgerig is). In hierdie verband word ooreenkomste en verskille beskou tussen die Afrikaanse Bybelvertalingsprojek en dié van die NBV (Nieuwe Bijbelvertaling) wat in 2004 gepubliseer is, net toe die projek vir 'n direkte vertaling van die Bybel in Afrikaans 'n aanvang geneem het. Die basiese uitgangspunte wat die vertaalprojek gerig het, soos die ononderhandelbare strewe na 'n bronteksgeoriënteerde vertaling wat terselfdertyd doeltaalgerig is, word beskryf. Ook die proses van die vertaalpraktyk word beskryf met verwysing na die organisering en werk van interdissiplinêre vertaalspanne (boekspanne), die verskillende fases deur die verloop van die projek, en ook die werk van die eindredaksies (die redaksionele komitees). Sowel die aard van die vertaling as die proses waarvolgens dit verloop het, het bygedra daartoe dat Die Bybel (2020) beskryf kan word as nie net uniek onder Afrikaanse Kerkbybels nie, maar ook as deel van die sogenaamde nuwe generasie Bybelvertalings. In die afdeling oor die unieke kenmerke van Die Bybel (2020) word dit toegelig met verwysing na interdissiplinêre boekspanne, interkerklike samewerking, vrouemedewerkers, intravertalers, die strewe na die skep van 'n vertaling wat as luisterteks slaag, en ook die gebruik van neweteks (inleidings, opskrifte, kruisverwysings, woordelysinskrywings, voetnote, kaarte en illustrasies). Die artikel sluit af met 'n aanduiding van die omvang van 'n projek van 15 jaar en die verwagting van die bekendstelling van Die Bybel (2020) in November 2020.

Palabras clave : Afrikaanse Bybelvertaling; Bybelvertaling; Die Bybel (2020); Kerk-bybel; Studiebybel; direkte vertaling; eksotiserende; vertaling; bron-teksgeoriënteer; doeltaalgerig; vertaalopdrag; parateks; alteriteit; voet-note.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons