SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-1Translation difficulties posed by the Deuterocanonical Books: Jesus Ben Sira as a case studyThe third Afrikaans church Bible: Processes and practices of a direct translation índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STEYN, Gert J.. Vertalers kruis swaarde! Vertaalproblematiek betreffende die swaard as wapentuig in 1 en 2 Makkabeërs. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-1, pp.994-1006. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-1a9.

Hierdie bydrae het ten doel om die vertaalproblematiek betreffende die term "swaard" as wapentuig in die Makkabeërboeke onder die loep te neem. Die vertaalprobleem bestaan daaruit dat die onderskeie betekenisse van ρομφαία, μάχαιρα en το ξίφος in die bronteks van Makkabeërs in die nuwe Afrikaanse vertaling (NAV) na vore moet kom en dat die woorde nie deurgaans met "swaard" vertaal moet word nie. Dit word ondersteun deur die frekwensie van die woorde in hierdie boeke. Swaarde is histories konteksgebonde, en onthul belangrike inligting oor die aard van die konfrontasie en aanvalstrategie, asook die onderlinge verhouding tussen die aanvaller en slagoffer, aangesien dit bepaal het of die soldaat die vyand daarmee sou steek, sny of kap. Dit is belangrike inligting vir die vertaling om die konteks te verstaan waarin 'n bepaalde tipe swaard gebruik is - veral in die militêre konteks van die Makkabeërboeke. Dis dus duidelik dat 'n besliste onderskeid getref behoort te word tussen die verskillende Griekse terme wat in 1 en 2 Makkabeërs vir "swaard" aangewend word. Tydens die ondersoek het dit algaande duidelik geword dat die bestaande hoofstroom-Engelse, Duitse en Afrikaanse vertaaltradisies oorwegend al drie Griekse terme feitlik deurgaans generies met "swaard" vertaal. Tydens die onlangse vertaalproses van die NAV swig ook hierdie vertaling grotendeels onder die groepsdruk van bestaande vertaaltradisies, maar slaag nogtans daarin om die eerste offensiewe treë te gee op die terrein van die vertalingsproblematiek betreffende die swaard as antieke wapentuig. Dit is gedoen deur op enkele strategiese plekke by wyse van 'n voetnoot die tipe swaard waarvan in die bronteks sprake is, te spesifiseer.

Palabras clave : 1-2 Makkabeërs; Apokriewe; Deuterokanonieke boeke; Septuagint; swaard; wapentuig; konteks; vertaling.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons