SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue4-1The Hebrew base text and the 2020 translation of the Bible in AfrikaansThe source text for the 2020 Afrikaans translation of the New Testament author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN ROOY, Herrie. Die Ou Testament in die 2020-vertaling: Enkele netelige kwessies. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-1, pp.929-944. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-1a5.

In 1984 het prof. JP Oberholzer 'n artikel geskryf waarin hy onder andere drie sake behandel waaroor die vertalers van die 1983-vertaling moes besluit. Dit raak die hantering van eiename, mate en gewigte, en die vertaling van Jahwe. Hierdie artikel bespreek hierdie drie sake, asook die hantering van die sogenaamde Messiaanse tekste in die Ou Testament. By die beoordeling van die besluite oor die 1983-vertaling en die 2020-vertaling, word aangesluit by die doelstellings en strategieë van die onderskeie twee vertalings. Wat eiename betref, sluit die 2020-vertaling in die meeste gevalle aan by die 1983-vertaling, maar daar is gepoog om konsekwenter te wees in die manier waarop die Hebreeuse name weergegee word. Geografiese name word minder vertaal as in die 1983-vertaling. Wat mate en gewigte betref, word die Hebreeuse terme behou, omdat dit byvoorbeeld die simboliek van getalle beter weergee. Die naam Jahwe word met "Here", enAdonai met "my Heer"/"die Heef' weergegee. Wat die hantering van die sogenaamde Messiaanse tekste van die Ou Testament betref, is daar besluit op twee uitgawes van die vertaling. Die een hanteer die saak soos die 1983-vertaling, en dui die verband met die Nuwe Testament in voetnote aan. 'n Tweede uitgawe van die 2020-vertaling gebruik, soos die 1933/53-vertaling, hoofletters in die betrekke Ou Testamentiese tekste.

Keywords : Bybelvertaling; Ou Testament; 1933/53-vertaling; 1983-vertaling; 2020-vertaling; mate en gewigte; name van God; Jahwe; Adonai; Messiaanse tekste; eiename; JP Oberholzer.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License