SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-1Another translation of the Bible in Afrikaans: What makes it different?The Old Testament in the 2020 Afrikaans translation: Some contentious issues índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN ROOY, Herrie. Die Hebreeuse grondteks en die 2020-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-1, pp.912-928. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-1a4.

Wanneer daar besluit word om 'n nuwe vertaling van die Bybel te maak, moet 'n aantal belangrike besluite geneem word. Dit sluit kwessies in soos watter teks vertaal sal word en op watter manier die vertaling sal plaasvind. Wat die Ou Testament betref, is daar besluit om die Masoretiese Teks as basisteks te neem. Verder is daar op die Biblia Hebraica Stuttgartensia (BHS) as die grondteks besluit. Hierdie bydrae fokus op die tekskritiese wyse waarop die vertalers probleme in die teks hanteer het, maar om 'n insig te gee in die oorweging van watter tekskritiese strategie gevolg moet word, word vooraf aandag gegee aan die verskillende benaderings tot die hantering van die bronteks in die proses van Bybelvertaling. Die geskiedenis en aard van die Masoretiese Teks en sy uitgawes word bespreek, en die tekskritiese aantekeninge in drie belangrike uitgawes van die Masoretiese Teks word deurgaans in ag geneem. Hoewel die vertalers nie spesifieke riglyne vir die hantering van tekskritiese probleme op skrif gestel het nie, het die redaksie van die Ou Testament van die 2020-vertaling sekere basiese uitgangspunte gebruik om probleemgevalle te hanteer. Hierdie uitgangspunte word kortliks uiteengesit, waarna enkele voorbeelde bespreek word. Die benadering tot die Masoretiese Teks was konserwatief in die sin dat, sover moontlik, die teks van die Hebreeuse Bybel in die vertaling gevolg is. Soms is daar in problematiese gevalle daarvan afgewyk, maar dit het slegs ná deeglike oorweging geskied. Samevattend kan gesê word dat die 2020-vertaling die Masoretiese Teks so getrou moontlik volg, in sommige gevalle daarvan afgewyk het en sulke afwykings goed gemotiveer het.

Palabras clave : Bybelvertaling; Masoretiese Teks; tekskritiese probleme; 2020-Afrikaanse vertaling van die Bybel; 1933/53-vertaling; 1983-vertaling; Biblia Hebraica Stuttgartensia; diplomatiese uitgawes; eklektiese uitgawes; bronteksgeoriënteerde vertaling.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons