SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-1New and old treasures: The 2020 Afrikaans translation of the Bible as a retranslationThe Hebrew base text and the 2020 translation of the Bible in Afrikaans índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN DER MERWE, Christo. Nog 'n vertaling van die Bybel in Afrikaans: Wat maak dit anders?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.4-1, pp.892-911. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-1a3.

Die 2020-vertaling is anders as die ander vertalings van die Bybel in Afrikaans omdat daar op 'n innoverende manier 'n wyse gevind moes word om aan die behoeftes van kerke wat die Bybel in Afrikaans gebruik, te voldoen. Dit is naamlik die behoefte aan 'n verstaanbare vertaling in idiomatiese Afrikaans wat baie na aan die bronteks bly. In hierdie alternatiewe vertaalmodel is 'n byna onmoontlike ideaal gestel: 'n "Direkte" vertaling wat poog om die bronteks te vertaal asof die skrywers direk in goeie idiomatiese Afrikaans aangehaal word. Dié vertaalmodel het 'n grondige besinning vereis oor die taalmodel waarmee gewerk sou word. In hierdie verband het die kognitiewe taalkunde waardevolle insigte gebied. Baie van hierdie insigte is nie heeltemal nuut nie, maar eerder verdere ontwikkelings en/of verfynings van tradisionele wyshede waarmee alreeds in die histories-filologiese semantiek gewerk is. 'n Voorbeeld in hierdie verband is die feit dat taal volledig ingebed is in die kultuur en ervarings van die sprekers van die betrokke taal. (Dit is daarom byna onvermydelik dat lesers sommige vertalings nie gaan verstaan nie, tensy die vertaling van toeligtende kommentaar voorsien word.) Verdere waardevolle insigte uit die kognitiewe taalkunde, wat met behulp van voorbeelde geïllustreer word, is dat daar onderskei moet word tussen die prototipiese en minder prototipiese betekenisse van uitdrukkings; dat betekenisverskuiwings geleidelik geskied en dat dit eie aan menslike taal is dat sommige onderskeidings moeilik is om te maak; en dat betekenisonderskeidings tipies met kenmerkende ko- en kontekstuele raamwerke vir elkeen van die onderskeidings gepaard gaan en dat die vorme wat sprekers gebruik of aan hulle taaluitings gee, altyd die primêre uitgangspunt van die interpretasie daarvan moet wees.

Palavras-chave : aktiewesoneliggaamsdele; Bybelvertaling; dinamies-ekwivalent; direkte vertaling; ekwivalensie; formeel-ekwivalent; funksioneel-ekwivalent; hervertaling; histories-filologiese benadering; inferensiemodel; kodemodel; kognitiewe taalkunde; kommunikasieleidraad; relevansieteorie; skopos; vertaalmodel; woord-vir-woordvertaling.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons