SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número3"Will you accept him as he is?": Faan (Faan se trein) and Lambert (Triomf) as filmic déstabilisation of hegemonic Afrikaner masculinity índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN DER WALT, Amanda  e  VAN ROOY, Bertus. Taboetaalgebruik as sleutel-element vir die kon-struksie van 'n manlike zefidentiteit. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.814-832. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a15.

Die rol wat taal speel in die konstruksie van Afrikanermanlikheid en zefidentiteit is nog nie voorheen as selfstandige tema ondersoek nie. In hierdie artikel is die doel om te bepaal hoe manlikheid binne 'n zefidentiteit op die blog geskep en geprojekteer word, deur die gebruik van taboetaal. Zefidentiteit is 'n vorm van protesterende manlikheid wat sigself stel teenoor die hegemoniese Afrikanermanlikheid (Du Pisani 2001), wat deur puriteinse moraliteit en openbare en ekonomiese mag gekenmerk word. Die WKJ?-korpus is gebruik vir die analise. Die korpus bestaan uit ongeveer 1,4 miljoen woorde. Vir hierdie analise is die data van die eerste inskrywings in 2000 tot en met 2017 gebruik. 'n Totaal van 50 tekste (ongeveer 30 000 woorde) is met die hand geselekteer en geanaliseer om verdere moontlike taboedomeine te identifiseer. Buiten die drie hoofdomeine wat uit vorige navorsing geïdentifiseer is, is daar nog twee domeine uit die korpus onttrek, naamlik die weerdomein en plantdomein. Die analise het getoon dat WKJ?-lesers en -bydraers doelbewus taboetaal op die blog gebruik om preutse lesers te skok en aanvaarbare sosiale norme te oortree. Hierdeur word die protesterende manlikheid via 'n zefidentiteit voorgehou, om die puriteinse waardes van die hegemoniese Afrikanermanlikheid op ironiese, en dikwels dubbelsinnige, wyse te opponeer maar ook te ontmasker.

Palavras-chave : zefidentiteit; manlikheid; zef; hegemoniese manlikheid; taalgebruik; leksikon; korpus; taboewoorde; taboedomeine; seksuele metafore; kru taal.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons