SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número3"Will you accept him as he is?": Faan (Faan se trein) and Lambert (Triomf) as filmic déstabilisation of hegemonic Afrikaner masculinity índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER WALT, Amanda  y  VAN ROOY, Bertus. Taboetaalgebruik as sleutel-element vir die kon-struksie van 'n manlike zefidentiteit. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.814-832. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a15.

Die rol wat taal speel in die konstruksie van Afrikanermanlikheid en zefidentiteit is nog nie voorheen as selfstandige tema ondersoek nie. In hierdie artikel is die doel om te bepaal hoe manlikheid binne 'n zefidentiteit op die blog geskep en geprojekteer word, deur die gebruik van taboetaal. Zefidentiteit is 'n vorm van protesterende manlikheid wat sigself stel teenoor die hegemoniese Afrikanermanlikheid (Du Pisani 2001), wat deur puriteinse moraliteit en openbare en ekonomiese mag gekenmerk word. Die WKJ?-korpus is gebruik vir die analise. Die korpus bestaan uit ongeveer 1,4 miljoen woorde. Vir hierdie analise is die data van die eerste inskrywings in 2000 tot en met 2017 gebruik. 'n Totaal van 50 tekste (ongeveer 30 000 woorde) is met die hand geselekteer en geanaliseer om verdere moontlike taboedomeine te identifiseer. Buiten die drie hoofdomeine wat uit vorige navorsing geïdentifiseer is, is daar nog twee domeine uit die korpus onttrek, naamlik die weerdomein en plantdomein. Die analise het getoon dat WKJ?-lesers en -bydraers doelbewus taboetaal op die blog gebruik om preutse lesers te skok en aanvaarbare sosiale norme te oortree. Hierdeur word die protesterende manlikheid via 'n zefidentiteit voorgehou, om die puriteinse waardes van die hegemoniese Afrikanermanlikheid op ironiese, en dikwels dubbelsinnige, wyse te opponeer maar ook te ontmasker.

Palabras clave : zefidentiteit; manlikheid; zef; hegemoniese manlikheid; taalgebruik; leksikon; korpus; taboewoorde; taboedomeine; seksuele metafore; kru taal.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons