SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue3"Will you accept him as he is?": Faan (Faan se trein) and Lambert (Triomf) as filmic déstabilisation of hegemonic Afrikaner masculinity author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN DER WALT, Amanda  and  VAN ROOY, Bertus. Taboetaalgebruik as sleutel-element vir die kon-struksie van 'n manlike zefidentiteit. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.814-832. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a15.

Die rol wat taal speel in die konstruksie van Afrikanermanlikheid en zefidentiteit is nog nie voorheen as selfstandige tema ondersoek nie. In hierdie artikel is die doel om te bepaal hoe manlikheid binne 'n zefidentiteit op die blog geskep en geprojekteer word, deur die gebruik van taboetaal. Zefidentiteit is 'n vorm van protesterende manlikheid wat sigself stel teenoor die hegemoniese Afrikanermanlikheid (Du Pisani 2001), wat deur puriteinse moraliteit en openbare en ekonomiese mag gekenmerk word. Die WKJ?-korpus is gebruik vir die analise. Die korpus bestaan uit ongeveer 1,4 miljoen woorde. Vir hierdie analise is die data van die eerste inskrywings in 2000 tot en met 2017 gebruik. 'n Totaal van 50 tekste (ongeveer 30 000 woorde) is met die hand geselekteer en geanaliseer om verdere moontlike taboedomeine te identifiseer. Buiten die drie hoofdomeine wat uit vorige navorsing geïdentifiseer is, is daar nog twee domeine uit die korpus onttrek, naamlik die weerdomein en plantdomein. Die analise het getoon dat WKJ?-lesers en -bydraers doelbewus taboetaal op die blog gebruik om preutse lesers te skok en aanvaarbare sosiale norme te oortree. Hierdeur word die protesterende manlikheid via 'n zefidentiteit voorgehou, om die puriteinse waardes van die hegemoniese Afrikanermanlikheid op ironiese, en dikwels dubbelsinnige, wyse te opponeer maar ook te ontmasker.

Keywords : zefidentiteit; manlikheid; zef; hegemoniese manlikheid; taalgebruik; leksikon; korpus; taboewoorde; taboedomeine; seksuele metafore; kru taal.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License