SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número3Entrepreneurial leadership style in schools: Good versus poor socio-economic circumstancesTaboo language use as a key element in the construction of a zef identity índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

STROH, RicKus  e  NEL, Adéle. "Sal julle hom aanvaar net soos hy is?": Faan (Faan se trein) en Lambert (Triomf) as filmiese destabilisering van hegemoniese Afrikanerman-likheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.797-813. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a14.

Hierdie artikel ondersoek die wyse waarop die randfiguur in die filmweergawes van onderskeidelik Faan se trein (2013) en Triomf (2008) hegemoniese Afrikanermanlikheid uitdaag en destabiliseer. RW Connell se teorie rondom hegemoniese manlikheid is ter sake en dien as teoretiese uitgangspunt. 'n Ondersoek na hegemoniese Afrikanermanlikheid in die spesifiek gekonstrueerde filmwêrelde hou onvermydelik verband met die apartheidsera in Suid-Afrika. Die herbesoek of heraktivering van die verlede in kontemporêre Suid-Afrikaanse films word dus ook onder die soeklig geplaas om sodoende die waarde daarvan vir die eietydse Suid-Afrikaanse kyker uit te lig. In beide films word 'n randfiguur op die voorgrond gestel, naamlik Faan in Faan se trein en Lambert in Triomf. Alhoewel hierdie karakters oënskynlik tipiese vergestaltings van wit hegemoniese Afrikanermanlikheid is, word hulle by nadere ondersoek uit die hegemoniese sentrum gesluit. Die onderskeie regisseurs skep elkeen 'n eiesoortige filmwereld waarbinne dié marginalisering gebruik word om kritiek te lewer op die sosiale bestel en hegemoniese Afrikanermanlikheid wat aan die orde van die dag was tydens apartheid. Die analises van die twee films toon aan hoe elkeen van die randfigure kommentaar lewer op die spesifieke politieke bestel, wat gekenmerk is deur diskriminasie, rassisme en magsverhoudings. Terselfdertyd word hegemoniese Afrikanermanlikheid (weliswaar op verskillende maniere) gedestabiliseer.

Palavras-chave : Triomf; Faan se trein; randfiguur; RW Connell; manlikheid; hegemoniese Afrikanermanlikheid; destabilisering; marginalisering; film; apartheidsera.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons