SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número3Empowering secondary-school principals in Ethiopia to perform their instructional leadership roles more effectively"Will you accept him as he is?": Faan (Faan se trein) and Lambert (Triomf) as filmic déstabilisation of hegemonic Afrikaner masculinity índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN JAARSVELD, Leentjie. Entrepreneuriese skoolhoofleierskapstyl in skole: Goeie versus swak maatskaplik-ekonomiese omstandighede. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.783-796. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a13.

Die doel van hierdie navorsing was om ondersoek in te stel na die entrepreneuriese leierskapstyl van skoolhoofde in skole wat blootgestel is aan sowel goeie as swak maatskaplik-ekonomiese omstandighede. Verskeie organisasies is gestig om te voorsien in die behoefte van onderwys aan almal. Tog sukkel skole in swakker maatskaplik-ekonomiese omgewings dikwels om te funksioneer weens 'n gebrek aan infrastruktuur en hulpmiddels. Voorts speel die kwintielin-deling van skole 'n rol wanneer finansies ter sprake kom. Skoolhoofde van skole wat blootgestel is aan swak maatskaplik-ekonomiese omstandighede moet dikwels kreatief en innoverend dink om voldoende fondse in te samel om te kan oorleef. Om die navorsingsvraag "Watter rol speel die skoolhoof se entrepreneuriese leierskapstyl in goeie en swak maatskaplik-ekonomiese omstandighede?" te beantwoord, is vier skole in gunstige omgewings in die Wes-Kaap en vier skole onderhewig aan swak maatskaplik-ekonomiese omstandighede in die Noord-Kaap in hierdie kwalitatiewe, fenomenologiese studie gekies. Onderhoude is met agt skoolhoofde gevoer om die rol van die entrepreneuriese leierskapstyl in verskillende maatskaplik-ekonomiese omgewings vas te stel. In die studie is bevind dat die skoolhoofde oor sterk leierseienskappe beskik het en dat hulle die entrepreneuriese leierskapstyl suksesvol gebruik het om hul skole effektief te bestuur. Die outonomie van die skoolhoofde het resultate opgelewer. Voorts het hul motivering daartoe gelei dat hulle die skole effektief bestuur het, ongeag die omstandighede waaronder die skole moet funksioneer.

Palavras-chave : Entrepreneuriese leierskapstyl; finansies; kwalitatiewe studie; maatskaplik-ekonomiese omgewing; skoolhoofde.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons