SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número3Person-oriented citizenship education in public secondary educationEntrepreneurial leadership style in schools: Good versus poor socio-economic circumstances índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

TSEGAYE, Ma  e  BOTHA, RJ (Nico). Die bemagtiging van sekondêreskool-hoofde in Ethiopië om hulle in staat te stel om hul onder-rigleierskapsrolle doeltreffend te verrig. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.764-782. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a12.

Skoolhoofde speel 'n belangrike rol om toe te sien dat skole goed bestuur word en, in die besonder, dat doeltreffende onderrig en leer plaasvind. Hoofde se onderrigleierskaprol behels die strategiese toepassing van kennis en vaardighede om konteks-spesifieke problème op te los en die doelwitte van onderwys te verwesenlik. 'n Kwantitatiewe benadering is in hierdie studie gevolg met die doel om ondersoek in te stel na hoe hoofde van openbare sekondêre skole in die Amhara-streek van Ethiopië bemagtig kan word om hulle onderrigleierskaprol te vervul. Onderwysers en skoolhoofde was die eenhede van ontleding in die studie, terwyl vraelyste as kwantitatiewe navorsingsinstrument gedien het. Die data wat bekom is, is met behulp van die Statistiese Pakket vir Sosiale Wetenskappe ontleed. Die studie het onder meer bevind dat aspekte soos strukturele en sielkundige bemagtiging en leierskapgedrag 'n beduidende verwantskap met doeltreffende onderrigleierskap en die bemagtiging van skoolhoofde toon. In teenstelling hiermee het die studie ook bevind dat aspekte soos gebrekkige ondersteuning vanaf topbestuur, 'n gebrek aan professionele ontwikkeling, 'n tekort aan die nodige hulpbronne, onbehoorlike inmenging deur die topleierskap en die intimidasie van skoolhoofde as vername hindernisse tot die bemagtiging van skoolhoofde in die streek ervaar word. Die studie is afgesluit met aanbevelings oor hoe skoolhoofde hulle onderrigleierskaprol doeltreffend kan vervul en enkele aanbevelings rakende die formulering en implementering van 'n bemagtigingsprosesmodel vir skoolhoofde in die die streek.

Palavras-chave : bemagtiging; bemagtigingsprosesmodel; Ethiopië; konteks-spesifieke probleme; leierskapgedrag; onderrigleierskaprol; prestasie; sekondêre skole; skoolhoofde.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons