SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue3Environmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 1Person-oriented citizenship education in public secondary education author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DAVIDS, Ronel S; ROMAN, Nicolette V  and  SCHENCK, Rinie. Horende moeders en vaders se benadering tot ouerskap van kinders met gehoorverlies. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.727-744. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a10.

Navorsing toon dat 90% van kinders met gehoorverlies vir horende ouers gebore word (Cole & Flexer 2016; Lederberg, Schick & Spencer 2013). Hierdie ouers kan probleme ondervind om 'n effektiewe benadering tot die grootmaak van kinders te ontwikkel, en hulle kan dit 'n uitdaging vind om 'n kind met gehoorverlies met selfvertroue groot te maak (Calderon, Bargones & Sidman 1998). Studies dui aan dat interaksie tussen gesinslede, familiehulpbronne en ondersteuningsdienste alle areas van die gesinslewe beïnvloed wanneer daar 'n kind met 'n gehoorverlies in die familie is. Boonop ondervind horende ouers nie net uitdagings ten opsigte van hul kind se gehoorverlies nie, maar is daar sprake van verdere uitdagings soos stres, kommunikasie, maatskaplike ondersteuning en toegang tot inligting. Verder beïnvloed gehoorverlies in kinders ouers se vertroue in hulle vermoë om 'n kind met gehoorverlies groot te maak. In hierdie studie ondersoek ons of daar 'n verskil is tussen moeders en vaders se ouer-skapbenadering, en of daar enige bydraende faktore is wat ouers se self-effektiwiteit mag benadeel wanneer hulle 'n kind met gehoorverlies grootmaak.

Keywords : horende ouers; kind met gehoorverlies; ouerskapbenaderings; bydraende faktore; self-effektiwiteit van ouers.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License