SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número3An assessment of perceptions concerning digital transformation at a South African commercial bank - a case of Anthropocene denial for the economy?Parenting approaches of hearing mothers and fathers to children with hearing loss índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

MEYER, Susan. Omgewingsidentiteit in die Era van die Mens: Nuwe perspektiewe op Toorbos. Deel 1. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.708-726. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a9.

Die rolprentweergawe van Dalene Matthee se roman, Toorbos, wat op die uitwissing van groot gedeeltes van die Knysnawoud en inheemse ekosisteme daarvan in die 1930's fokus, is verlede jaar vrygestel. Ook in 2019 het die tema van die Simposium van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, "Mensgemaakte bedreigings vir lewe op aarde", ons opnuut attent gemaak op die druk wat op die planeet se lewensonderhoudende sisteme geplaas word. My studie sluit by hierdie sake aan; die konteks daarvoor is die hedendaagse aandag aan iden-titeitskwessies in navorsingsgeledere waar die aandag op benaderings tot omgewingskonflik en -krisisse toegespits is. Die teoretiese raamwerk wat benut word in die ekokritiese herlees van Toorbos is Susan Clayton en Susan Opotow se omgewingsidentiteitsteorie en -model. In Deel 1 van hierdie studie word die belang van omgewingsidenteit teoreties gemotiveer. Ook word gepoog om die relevansie van hierdie beginsel vir omgewingsgeoriënteerde denke uit te klaar en te onderstreep, in aansluiting by die wêreldwye besorgdheid oor die bestaanskrisis vir die mens, sou die planeet se vermoë om te voorsien tot niet gaan. In Deel 2 (Maartuitgawe van 2021) word die belang van Clayton en Opotow se omgewingsidentiteitsidees prakties geïllustreer deur die toepassing van hulle omgewingsidentiteitsmodel op die hooffigure in Toorbos. Uiteindelik illustreer hierdie studie die effek van omgewingsidentiteitsverskille tussen romankarakters en werp dit lig op die onversoenbaarheid tussen mense as gevolg daarvan. Toorbos het potensiaal as bewusmaker van die kwessie van omgewingsidentiteit en as demon-strasie van die kragtige wyse waarop dit op menseverhoudings, sowel as op omgewingsgedrag en -oortuigings, kan inspeel.

Palabras clave : Antroposeen; omgewingsidentiteit; Toorbos; Dalene Matthee; omge-wingshoudings en -gedrag; Susan Clayton; Susan Opotow.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons