SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue3General CF Beyers: His world view as reflected in his public statementsSubstantive policy implementation and the erosion of voter trust as factors in the consolidation of the South African democracy author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VENTER, Francois. Staatsregtelike behoorlikheid in die 21ste eeu. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.579-595. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a2.

Europese kolonialisering het die Renaissance na Suider-Afrika gebring. Dit het Westerse liberalisme ingesluit, maar ook kulturele arrogansie en rassevooroordeel. Die liberalisme het in die tweede helfte van die 20ste eeu globaal getriomfeer. Ironies was die Suid-Afrikaanse regering van 1948 deur die ideale van Afrikanerbevryding en -oorlewing verblind toe, op presies die verkeerde wêreldhistoriese tydvak, besluit is op die institusionalisering van apartheid. In die dekades wat op die Tweede Wêreldoorlog gevolg het, het Westerse liberale konstitusionalisme die maatstaf geword vir wat as staatsregtelik behoorlik geag is. Die naoorlogse voorrang van Westerse konstitusionalisme is weens dekolonialisering en die val van die USSR in 'n groot aantal nuwe grondwette weerspieël - ook in die Suid-Afrikaanse grondwette van 1993 en 1996. Daarin is kompromieë tussen die sosialistiese ideologie van die ANC en 'n regering wat in die laat 1980's besluit het om weerstand teen Westerse konstitusionalisme te staak, opgeneem. Tans word dit egter duidelik dat die Westerse idees gefundeer in die irrasionele 18de- en 19de-eeuse teorieë van die liberalisme besig is om momentum te verloor. Die Weste is nie konseptueel daarvoor toegerus om populisme, radikalisme, globalisering of die sosialistiese aanslae van veral China die hoof te bied nie. Terselfdertyd het die ANC stelselmatig sosialistiese beleid, wetgewing en ideologie ingevoer in Suid-Afrika, sonder egter om dit as sodanig te tipeer. Wat in die wêreld en in Suid-Afrika in 2020 as staatsregtelik behoorlik verstaan moet word, kan alleen maar gemeet word aan die eeue-oue, multikulturele standaard van wederkerigheid, wat ook 'n Christelike grondbeginsel is.

Keywords : Staatsreg; demokrasie; liberalisme; sosialisme; transformasie; regstaat-likheid; konstitusionalisme; populisme; globalisering; China; mense-regte; kolonialisme.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License