SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número3Constitutional propriety in the 21st century índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STRAUSS, PJ. Generaal CF Beyers: Sy lewensbeskouing soos weerspieël in sy openbare standpunte. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.561-578. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a1.

Generaal CF Beyers het uit die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 getree as 'n erkende militêre aanvoerder, strateeg én Afrikanerleier. Beyers is namens die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) na die vredesamesprekings van die 60 Boere-afgevaardigdes by Vereeniging op 15-31 Mei 1902 gestuur. Hier is hy tot voorsitter van die vergadering verkies. Aanvanklik was Beyers van mening dat die Boere die stryd kon voortsit. Algaande het die argument hom egter oortuig: die Here sê dat sy kinders nie deur mag en krag sal slaag nie, maar deur sy Gees... Beyers word in 1912 die kommandant-generaal van die verdedigingsmag van die Unie van Suid-Afrika. Die uitbreek van die Eerste Wereldoorlog op 4 Augustus 1914 en die Unie se positiewe reaksie op 'n Britse versoek dat hy Duitswes-Afrika (tans Namibië) om strategiese redes inval, lok protes van Beyers en talle Afrikaners uit. Hy bedank as hoof van die Verdegingsmag op 15 September. Beyers is gekant teen 'n rebellie, maar word sonder enige ondersoek of navraag deur Regeringsmagte wat skiet, agtervolg. As 'n voortvlugtige verdrink hy op 8 Desember 1914 in die Vaalrivier naby die huidige Makwassie. Beyers het geglo in 'n bykans deterministiese voorsienigheid van God: 'n oortuiging wat hom in die laaste dae van sy lewe laat vlug en padgee. Na sy dood word sy bandolier met al sy patrone aan hom gevind. Hy het dwarsdeur sy agtervolging deur Regeringsmagte getrou aan Sagaria 4:6 gebly en nie een skoot teruggeskiet nie.

Palabras clave : Konsekwente Christelike lewensbeskouing; Bybel dek volle lewe; Rebellie 1914-1915 'n uitbarsting en nie 'n beplande opstand nie; God as deterministies in sy voorsienigheid beskou; tragiese einde van Afrikanerleier.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons