SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue2Presentation and positioning in Van Wyk Louw: 'n Lewensverhaal ("Van Wyk Louw: A life story") by JC SteynPlume seed blown further: Reimagining Van Wyk Louw in a Catholic context author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

MARAIS, Johann Lodewyk. NP van Wyk Louw se diere en gestaltes herbesoek: 'n Ekokritiese lesing. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.2, pp.434-449. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n2a12.

In die digter, dramaturg en intellektueel NP van Wyk Louw (1906-1970) se werk kom heelparty verwysings na diere voor, terwyl enkele gedigte in die geheel aan een of ander dierespesie gewy word. Louw se gedigte oor diere word hoofsaaklik beskou as gedigte met een of ander simboliese betekenis, waar min aandag aan die spesifieke spesie met unieke eienskappe gegee word. Die aanwesigheid van simbolistiese en modernistiese trekke in Louw se werk het tot dié sienings bygedra. In hierdie artikel word die digter se werk teen die agtergrond van literatuur oor diere se gedrag en dierestudies gelees. Filosowe soos Martin Heidegger en Jacques Derrida het 'n belangrike bydrae tot die aard en wêreld van die dier gelewer, terwyl die Nederlands gebore Amerikaanse primatoloog Frans de Waal bevind het dat diere oor die vermoë beskik om kultuur te verwerf. Die gaping tussen mense en diere het "verklein", en gedigte soos Louw se Raka (1941) en "Die swart luiperd" in Gestaltes en diere (1942) word in hierdie artikel by 'n nuwe kyk op Louw se gedigte oor diere betrek.

Keywords : diereregte; Jacques Derrida; ekoliteratuur; Martin Heidegger; modernisme; natuur; primate; Raka; simbolisme; Die swart luiperd".

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License