SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número2Relativisation in the poetry of NP van Wyk LouwPresentation and positioning in Van Wyk Louw: 'n Lewensverhaal ("Van Wyk Louw: A life story") by JC Steyn índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

BOSMAN, Nerina. Bewegingswerkwoorde in Van Wyk Louw se poësie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.2, pp.395-412. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n2a10.

Bewegingswerkwoorde vorm 'n semantiese klas van hulle eie. In hierdie artikel word die betekenis en metaforiese onderbou van bewegingswerkwoorde in NP van Wyk Louw se poësie ondersoek, met die kognitiewe linguistiek, waarvan die konseptuelemetafoorteorie 'n fundamentele deel vorm, as teoretiese vertrekpunt. In aansluiting by die kognitiewe linguistiek word daar aanvaar dat ons verstaan van die werklikheid onder andere nou verweef is met ons beliggaamde ervaring van beweging. Verandering as konsep vorm deel van ons verstaan van wat beweging is en die konseptuele metafoor VERANDERING IS BEWEGING onderlê dan ook metafore wat afgelei word van hierdie oerbewegingsmetafoor. Beweging (die verandering van plek) kan volgens Radden (1995:424) gekategoriseer word as één tipe verandering, saam met ander, soos verandering van tyd en verandering van toestand. Daar word aangetoon dat betekenis te voorskyn kom deur die PAD-beeldskema (soos wat Johnson en Lakoff aantoon) wat dien as vrugbare brondomein vir konseptuele metafore. Die semantiek van die mees frekwente bewegingswerkwoord in Afrikaans, (en dit is ook in Louw se poësie die mees frekwente), naamlik gaan, word eerstens ondersoek, waarna 'n reeks konseptuele metafore (VERANDERING VAN TOESTAND IS OM 'N BESTEMMING TE BEREIK, VERANDERING VAN GEESTESTOESTAND IS BEWEGING, OM GROTER INSIG TE VERKRY IS OM 'N BESTEMMING TE BEREIK, OM DOOD TE GAAN IS OM UIT TE BEWEEG, LEWE IS BEWEGING) in "Groot ode" geïdentifiseer word. From the very beginning of our life, and evermore until we die, movement keeps us in touch with our world in the most intimate and profound way. In our experience of movement, there is no radical separation of self from world. Mark Johnson, The meaning of the body Die end is bitter. En dis end. Ons was so aan die gaan gewend Dat ons gemeen het: gáán is goed. Maar elke gang word: sterf-orent. XXV. Klein variasie op die woord 'gaan'(Tristia)

Palavras-chave : Van Wyk Louw; bewegingswerkwoorde; gaan; kognitiewe semantiek; beeldskemas; PAD; konseptuele metafore; VERANDERING IS BEWEGING.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons