SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue2NP van Wyk Louw's ideal of justiceRelativisation in the poetry of NP van Wyk Louw author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BOTHA, Willem J. Die daad onthul (im)moraliteit. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.2, pp.366-379. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n2a8.

Van Wyk Louw se dramatiese werk word gekenmerk deur verskillende manifestasies van die daad. Die betekenisonderskeidings van doen en daad in die genoemde werke het in die verlede egter tot aansienlike kontroversie aanleiding gegee, veral in die beoordeling van die versdrama Germanicus. Die karakter Germanicus is van sogenaamde daadloosheid beskuldig. In hierdie bespreking word vier betekenisonderskeidings van die leksikale item daad binne die Germanicus-konteks ondersoek. Dit word gedoen teen die agtergrond van die feit dat dit verskillende manifestasies is van die konsep DAAD. Uit die ontleding van die voorbeeldmateriaal uit Germanicus word aangetoon dat die betekenisnuanse "moraliteit" eksplisiet of implisiet deur sekere betekenisonderskeidings van daad "gedra" word. Uiteindelik dra die komplekse verweefdheid van daad en moraliteit daartoe by dat Germanicus nie in 'n posisie was om 'n morele keuse te maak nie.

Keywords : konsep; daad; objektiewe; subjektiewe; moraliteit; konstruering; versmelting; Germanicus; Tiberius.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License