SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número2"The pot boils all over": NP van Wyk Louw, Johannes Degenaar and Afrikaans decolonisationThe deed reveals (im)morality índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN DER MERWE, Derek. Die geregtigheidsideaal by NP van Wyk Louw. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.2, pp.351-365. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n2a7.

NP van Wyk Louw se geregtigheidbeskouings vind ten diepste neerslag in sy drama, Die dieper reg, en in sy essay, "Die ewige trek", beide in 1938 geskryf. Mens moet verby die Afrikanernasionalistiese ondertone van sy beskouings kyk om steeds waarde vir die moderne staats- en regsdenke daaruit te put. Hierdie waarde lê opgesluit in sy verwoording van die Platoniese regsidee as die nastrewenswaardige, maar onbereikbare, sneeupunt van die denke. Daar word voorgestel dat die Groot Trek Van Wyk Louw se eie toets van volstrekte regvaardigheid faal, maar dat 'n beter uitdrukking van die regsidee geleë is in die soeke van die negentiende-eeuse Voortrekkernasate na die "koningstem" in hulle demokratiese bestel. Die Suid-Afrikaanse Grondwet, 1996, is tans daardie "koningstem", en trou aan die waardes en beginsels daarvan, baan dit die weg vir uitdrukking van Van Wyk Louw se regsidee.

Palavras-chave : geregtigheid; die reg; regsidee; Plato; koningstem; Groot Trek; Voortrekkers; Afrikaner)nasionalisme; Afrikaner)volk; dieper reg; wil-en-daad; dualisme; eksistensialisme; loyalty to loyalty"; keuse; grondwet.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons