SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue2"The pot boils all over": NP van Wyk Louw, Johannes Degenaar and Afrikaans decolonisationThe deed reveals (im)morality author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN DER MERWE, Derek. Die geregtigheidsideaal by NP van Wyk Louw. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.2, pp.351-365. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n2a7.

NP van Wyk Louw se geregtigheidbeskouings vind ten diepste neerslag in sy drama, Die dieper reg, en in sy essay, "Die ewige trek", beide in 1938 geskryf. Mens moet verby die Afrikanernasionalistiese ondertone van sy beskouings kyk om steeds waarde vir die moderne staats- en regsdenke daaruit te put. Hierdie waarde lê opgesluit in sy verwoording van die Platoniese regsidee as die nastrewenswaardige, maar onbereikbare, sneeupunt van die denke. Daar word voorgestel dat die Groot Trek Van Wyk Louw se eie toets van volstrekte regvaardigheid faal, maar dat 'n beter uitdrukking van die regsidee geleë is in die soeke van die negentiende-eeuse Voortrekkernasate na die "koningstem" in hulle demokratiese bestel. Die Suid-Afrikaanse Grondwet, 1996, is tans daardie "koningstem", en trou aan die waardes en beginsels daarvan, baan dit die weg vir uitdrukking van Van Wyk Louw se regsidee.

Keywords : geregtigheid; die reg; regsidee; Plato; koningstem; Groot Trek; Voortrekkers; Afrikaner)nasionalisme; Afrikaner)volk; dieper reg; wil-en-daad; dualisme; eksistensialisme; loyalty to loyalty"; keuse; grondwet.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License