SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número2NP van Wyk Louw (1906-1970)Loyal resistance: Dated or topical? NP van Wyk Louw in conversation with Foucault índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VILJOEN, Hein. Kreolisering en heling in Nuwe verse en Tristia van Van Wyk Louw. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.2, pp.302-321. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n2a4.

Hierdie artikel is ʼn poging om Van Wyk Louw se werk postkoloniaal te lees, gefokus op sy opvattings oor suiwerheid en hibriditeit in kultuur en kulturele interaksie. Ek skets eers die huidige situasie in Suid-Afrika en argumenteer dan dat die opvattings van Édouard Glissant oor kreolisering en relasionaliteit ʼn nuwe perspektief op hierdie saak kan bied. Ek ontleed Louw se vroeë en latere opvattings oor volk, kultuur en kulturele interaksie in sy opstelle voordat ek sy digterlike praktyk in sy laaste twee bundels, Nuwe verse (1954) en Tristia (1962), ondersoek. Alhoewel Louw die klem aanvanklik plaas op die volk en die letterkunde as hoogste uiting van die volk, stel hy in sy latere opstelle ʼn meer genuanseerde opvatting van kulturele interaksie en sinkretisme. In Nuwe verse ontwyk Louw die negatiewe implikasies van kolonialisme, en in Tristia in groot mate ook, hoewel hy die Europese tradisie in laasgenoemde bundel sterk ironiseer en kreoliseer. In hierdie kreolisering en in die uitreik na iets anders lê inderdaad kieme van ʼn oper, transnasionale manier van dink oor letterkundes en kulture. Empaaier wég ("Puine", Tristia, Versamelde gedigte, bl. 282)

Palabras clave : kultuur; sinkretisme; kulturele interaksie; volk; kreolisering; Nuwe verse (1954); Tristia (1962).

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons