SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número1The Pandour Corps, 1793-1795 : Soldiers in defence of the Cape Colony towards the end of Dutch rule índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DU PISANI, JA. Infrastruktuurskepping tydens die bewind van BJ Vorster: Bate of las vir die Suid-Afrikaanse ekonomie?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.1, pp.218-240. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n1a15.

Hierdie artikel stel ondersoek in na die grootskaalse skepping van infrastruktuur in Suid-Afrika tydens die bewind van BJ Vorster as eerste minister (1966-1978) om die negatiewe en positiewe uitkomste daarvan te beoordeel en te besluit of dit voor- of nadelig vir die land was. Die agtergrond van ekonomiese tendense in daardie era word geskets, vanaf die tydperk van ongekende ekonomiese groei in die laat 1960's en vroeë 1970's tot die ekonomiese afplatting vanaf die middel-1970's, met besondere verwysing na die inflasieprobleem. 'n Oorsig word gegee van al die groot infrastruktuurprojekte van daardie tyd, insluitende onder meer die Oranjerivierskema, die Richardsbaai- en Sishen-Saldanhaprojekte, Yskor 3 en Sasol 2. Die nadele en voordele van hierdie projekte word opgeweeg. Aan die een kant het die massiewe uitgawes aan die projekte owerheidsbesteding en inflasie laat styg, asook die staat se greep op die ekonomie, wat nadelig was vir vryemarkontwikkeling, verstewig. Aan die ander kant het die projekte die normale voordele van verbeterde infrastruktuur, soos beter dienslewering, werkverskaffing, produktiwiteitsverbetering en algemene ekonomiese groei, meegebring. Ongeag die voor- en nadele van infrastruktuurskepping in die kort- en mediumtermyne, kan die langtermynimpak nie misgekyk word nie. Daardie infrastruktuur het die land oor baie dekades gedien en staan steeds as 'n monument vir die Afrikanernasionalistiese visie in die apartheidsjare om Suid-Afrika tot 'n betekenisvolle middelslagmoondheid op te hef.

Palabras clave : Infrastruktuur; Suid-Afrika; 1966-1978; BJ Vorster; ekonomiese ontwikkeling; ekonomiese uitdagings.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons