SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número1An exploration of earth system vulnerability in the context of landfills in the AnthropoceneCreation of infrastructure during the Prime Ministry of BJ Vorster: Asset or liability for the South African economy? índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VILLIERS, Johan de. Die "Corps Pandoeren", 1793-1795: Krygers ter verdediging van die Kaapkolonie teen die einde van die Nederlandse bewind. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.1, pp.205-217. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n1a14.

Hierdie artikel belig die stigting en rol van die "Corps Pandoeren" aan die Kaap in die jare 1793-1795. Dit was 'n voordelige manier om die Kolonie te versterk teen 'n moontlike buitelandse vyand. Die korps is saamgestel uit weerbare manlike Khoekhoen en persone van gemengde afkoms wat vertroud was met die gebruik van 'n skietgeweer. Die offisiere was afkomstig uit ervare lede van die burgermag met Jan Cloete in 1795 as kommandant. Die pandoere is as ligte infanterie operasioneel aangewend nadat 'n Britse besettingsmag in Junie 1795 in Simonsbaai aangekom het. Na die Britse aanslag op die Kompanjiespos Muysenburg (vandag Muizenberg) het die pandoere in samewerking met die burgerkavallerie by verskillende geleenthede sukses behaal as onkonvensionele of guerillavegters teen die vyand. Die ongevalle aan die kant van die pandoere was beperk, maar op 1 September het ontevredenheid in eie geledere gelei tot 'n opmars van gewapende pandoere vanaf Steenberg na die Kasteel in Kaapstad. Kommissaris Sluysken het hulle gemoedere kalmeer deur beloftes van beter onderhoud en twee stuiwers aan elkeen geskenk. Daarna was die dissipline en betroubaarheid van die pandoere in die weegskaal.Tog het tydgenootlike waarnemers, met enkele voorbehoude, groot lof vir die korps as 'n effektiewe gevegseenheid gehad.

Palabras clave : Pandoer; Khoekhoen; Snaphaanen; Jan Cloete; Muysenburg; Steenberg; Skermutselinge; Sluysken; Opstand; Tydgenote.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons