SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número1Social resilience, structural vulnerability and capabilities in Genadendal, South AfricaThe Pandour Corps, 1793-1795 : Soldiers in defence of the Cape Colony towards the end of Dutch rule índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

GRUBLER, Lizette  e  SCHENCK, Rinie. 'n Verkenning van aardsistemiese kwesbaarheid binne die konteks van afvalstortingsterreine in die Antroposeen. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.1, pp.182-204. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n1a13.

Die Antroposeen verwys na 'n geologiese epog wat oorheers word deur die mens. Binne hierdie epog verander menslike aktiwiteit atmosferiese, geologiese, hidrologiese, biosferiese en ander aardsistemiese prosesse. Hierdie prosesse kan nie meer bloot toegeskryf word aan die natuur nie. Die verreikende gevolge van menslike aktiwiteit lei tot aardsistemiese kwesbaarheid. Een van die gevolge van menslike aktiwiteit wat 'n diepgaande impak in die Antroposeen het en optree as katalisator vir weerloosheid, is afval. Hecht (2018:111) het inderdaad die Antroposeen beskryf as die "apoteose van afval". Binne die konteks van die Antroposeen verken hierdie artikel Martha Fineman se kwesbaarheidsteorie en Louis Kotzé se verwante en uitgebreide raamwerk van aardsistemiese kwesbaarheid. Beide Fineman en Kotzé bepleit 'n destabilisering van tradisionele regsubjektiwiteit. Hul uitgangspunt is nie die Westerse, liberale, outonome subjek nie, maar eerder die universele subjek wat aanspraak maak op 'n responsiewe staat. 'n Responsiewe staat behoort veerkragtigheidsbronne te produseer om universele kwesbaarheid teen te werk. Oorweging moet geskenk word daaraan of die idee van die universele kwesbare subjek relevant is in die Suid-Afrikaanse konteks met sy menseregtebenadering wat substantiewe gelykheid voorstaan. Die konsep kan egter wel ander tekortkomings van menseregte aanspreek. Die artikel toon dat aardsistemiese kwesbaarheid veroorsaak word deur verhoudings tussen menslike en niemenslike subjekte en die afvalstortingsterrein-omgewing op beide mikro- en makro-ekologiese vlak. Dit spoor persoonlike, relasionele en institusionele kwesbaarhede van beide menslike en niemenslike entiteite by die lokus van die afval-stortingsterrein na en lewer sodoende 'n bydrae tot progressiewe regsteorie betreffende afval.

Palavras-chave : kwesbaarheidsteorie; Martha Fineman; Louis Kotzé; soliede huis-houdelike afvalbestuur; sosio-ekologiese geregtigheid; ekologiese geregtigheid; omgewingsgeregtigheid; Antroposeen; aardsistemiese kwesbaarheid; niemenslike wending; afvalherwinners; afvalstortings-terreine.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons