SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue1Translation and adaptation as interpretation and strategy: My Seuns by Christo Davids against the background of All My Sons by Arthur MillerAn exploration of earth system vulnerability in the context of landfills in the Anthropocene author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

CONRADIE, Ina; HUMAN-HENDRICKS, Anja  and  ROMAN, Nicolette. Sosiale weerbaarheid, strukturele kwesbaarheid en instaatstellende geleenthede in Genadendal, Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.1, pp.164-181. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n1a12.

Die dorpie Genadendal in die Wes-Kaap is in 1837 deur die Morawiese Kerk gestig. Ons het 'n reeks in-diepte kwalitatiewe onderhoude met twaalf afgetrede inwoners van die dorp gevoer en hulle belewenisse en herinneringe geanaliseer om hulle geleenthede, sosiale weerbaarheid en strukturele kwesbaarheid te evalueer. Ons gebruik Amartya Sen se benadering van Instaatstellende Geleenthede ("capability approach"), sowel as Weerbaarheidsteorie (kyk voetnoot 2) as teoretiese raamwerke. Ons het gevind dat daar 'n baie sterk sosiale verbondenheid bestaan het terwyl die deelnemers grootgeword het, wat hulle meer weerbaarheid gegee het gedurende die apartheidsperiode. Na die oorgang na demokrasie het hulle werksgeleenthede en geleenthede vir beter integrasie in die breë samelewing uitgebrei, maar as gevolg van die feit dat Kaapse bendefamilies in Genadendal ingetrek het, het hulle op nuwe maniere struktureel kwesbaar geword. Die analise van geleenthede, sosiale weerbaarheid en strukturele kwes-baarheid in Genadendal tydens en na apartheid illustreer die belewenisse van 'n atipiese, afgesonderde landelike gemeenskap in die Wes-Kaap tydens hierdie twee historiese periodes.

Keywords : Genadendal; Suid-Afrika; verwesenlikingsgeleenthede; instaatstellende geleenthede; capabilities"; weerbaarheid; strukturele kwesbaarheid; kwalitatief; sosiohistories; omskakelingsfaktore; agentskap; relasionele ontologie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License