SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue1"Who is speaking here?" The role of the adapter in adapting a novel into a youth theatre production that includes cultural and geographical translocationsTranslation and adaptation as interpretation and strategy: My Seuns by Christo Davids against the background of All My Sons by Arthur Miller author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

SCHENCK, Rinie; BLAAUW, Derick  and  MATTHEE, Marianne. Max-Neef en die strukturele kwesbaarheid van dagloners in Mbombela en Emalahleni, Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.1, pp.142-163. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n1a11.

Binne die konteks van die groterwordende werkloosheid en armoede in Suid-Afrika is dit belangrik om die kwesbaarheid van persone wat 'n lewe probeer maak in die informele sektor te bepaal, sodat ondersteunende beleid en strukture in plek gestel kan word. Die doel van die artikel was om die strukturele kwesbaarheid van dagloners te ondersoek deur n vergelyking te tref tussen twee gevallestudies. Dagloners in Emalahleni, 'n sosiaal-ekonomies kwynende myngemeenskap, en die meer sosiaal-ekonomies stabiele hoofstad Mbombela, in die provinsie Mpumalanga in Suid-Afrika, is hiervoor gebruik. Honderd-en-tien (110) vraelyste is voltooi met dagloners in die twee stede, die data is ontleed en die resultate met mekaar vergelyk. Max-Neef se fundamentele menslike behoefte (FMB)-matriks is gebruik om die multidimen-sionele analises te maak, te orden en te beskryf. Die resultate het duidelik aangedui dat die dagloners in Emalahleni meer struktureel kwesbaar is as die dagloners in Mbombela, met minder ondersteuningsisteme tot hul beskikking. Maatskaplike diensprofessies sal ernstige aandag daaraan moet skenk om veiligheidsnette te ontwikkel vir werkloses, beleid te formuleer wat werks- en inkomstemoontlikhede kan open en gesindhede en perspektiewe te verander van diegene wat hul bestaan in die informele sektor maak.

Keywords : dagloners; werkloosheid; strukturele kwesbaarheid; sosiale geregtigheid; fundamentele menslike behoeftes.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License