SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número1The changing world of Afrikaans drama translations and adaptations: A few remarksA critique of normative constructions of age in four intertextually connected texts: Alba Bouwer's Stories van Rivierplaas, Reza de Wet's Diepe Grond and African Gothic, and Etienne Kallos's Eersgeborene índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

XABA, Andile. King Kong-verwerkings (1959-2017): Deurkruisings van kultuur en samelewing. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.1, pp.16-37. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n1a3.

Die verwerking van die musiekblyspel King Kong in 2017 sou nie gedoen kon word sonder om die oorspronklike musiekblyspel van 1959 op te roep in die geheue van sowel die vervaardigers as die gehore nie, aangesien die oorspronklike weergawe aansienlike kulturele aanklank gevind het tydens die 1959-opvoering daarvan. Hoewel die weergawe van die musiekblyspel wat destyds in Suid-Afrika opgevoer is suksesvol was, is ook 'n ander weergawe geskep vir die werk se Londense debuut in 1961. En toe King Kong weer na Suid-Afrika terugkeer in 2017, is dit nogmaals aangepas nadat dit dekades lank nie opgevoer is nie. In die jare tussenin het die musiekblyspel in die kollektiewe bewussyn voortgeleef en is in hierdie opsig aangehelp deur die internasionale gewildheid van sommige van die oorspronklike deelnemers, onder andere Miriam Makeba en Hugh Masekela. Die twee musikante het hul ervaringe wat hulle tydens hul deelname aan die musiekblyspel opgedoen het, in hul onderskeie outobiografieë beskryf. Hierdie boeke, tesame met die gewildheid van Todd Matshikiza se musiek en veral die spanningsvolle sosiopolitieke omstandighede gedurende die tyd toe die musiekblyspel geskep is, het 'n stewige nalatenskap op die musiekblyspel gelaat. Marvin Carlson (2011) skryf in The haunted stage dat kontemporêre opvoerings van ouer verhoogstukke sonder uitsondering die verhoogstuk se voorgaande weergawes in herinnering roep. Carlson noem dat hierdie eggo's van vervloë verhoogstukke op spesifieke maniere by die verwerkte weergawes van die verhoogstukke indring. Ek argumenteer dat die verwerking van King Kong in 2017 op soortgelyke wyse die herinnering aan die "oorspronklike" King Kong gestimuleer het en dus invloed uitgeoefen het op die nuwe 2017-verwerking van King Kong.

Palavras-chave : King Kong; Makeba; Masekela; Matshikiza; verwerking; herinne-ringstudies; musiekblyspel.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons