SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

SLABBERT, Ilze. "Ek het uiteindelik op straat beland; dis ʼn harde lewe": Uitdagings van kwesbare vroue wat alkohol of dwelms misbruik. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.4, pp.671-684. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/V59N4A16.

Daar is wêreldwyd ʼn toename in die misbruik van alkohol- en/of dwelms. Dit is veral kwesbare vroue wat alkohol of dwelms misbruik, wat gespesialiseerde behandeling benodig. Die doel van die studie was om die uitdagings wat hierdie groep vroue die hoof moet bied, te ondersoek. Die ekologiese perspektief is as teoretiese raamwerk gekies. ʼn Kwalitatiewe studie met ʼn eksplorerende en beskrywende aard is gedoen om dié doel van die studie te bereik. Vyftien deelnemers is gewerf as steekproef vir die studie deur ʼn nieregeringsorganisasie. Die onderhoude wat met hulle gevoer is, is getranskribeer en in vyf temas verdeel, naamlik traumatiese kinderjare, teenspoed in die volwasse lewe, uitdagings in die omgewing, gebruik van alkohol of dwelms om die lewe te hanteer, en hoop. Data-verifikasie is ook gedoen. Etiese klaring is vir die studie verkry. Die gevolgtrekking van die studie is dat kwesbare vroue wat alkohol of dwelms misbruik, verskeie uitdagings in die gesig staar en gespesialiseerde intervensie benodig. Daar word aanbeveel dat meer navorsing gedoen word oor hierdie kwessie.

Palavras-chave : Vroue; alkohol- of dwelmmisbruik; kwesbaarheid; ekologiese perspektief; mikrovlak; mesovlak; makrovlak; kwalitatiewe navorsing; uitdagings; trauma in kinderjare; teenspoed in volwasse lewe.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons