SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

PRETORIUS, Anmar. Vroulike inwoners van myndorpe: ʼn Gevallestudie uit Emalahleni. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.4, pp.657-670. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n1a15.

Suid-Afrikaanse vroue kry toenemend erkenning en word meer gereeld aangestel in prominente openbare posisies. Nogtans kan sekere groepe vroue steeds as kwesbaar beskou word. Australiese literatuur fokus gereeld op die rol van vroue in myndorpe. Suid-Afrikaanse literatuur oor die onderwerp is dun gesaai. Hierdie artikel poog om die leemte in die literatuur te vul deur te fokus op data uit drie verskillende soorte onderhoude wat in 2017 in Emalahleni gevoer is. Dit blyk dat vroulike inwoners van dié myndorp wel as kwesbaar beskryf kan word. Eerstens op ekonomiese gebied, waar hul werkloosheidskoers baie hoër en hul arbeidsmagdeelnamekoers baie laer is as dié van hul manlike eweknieë. Tweedens is hulle baie minder tevrede met hul lewenskwaliteit. Vroue wat aan die hoof van hul huishoudings staan, is baie meer bewus van huishoudelike geweld en gesondheidsprobleme weens besoedeling, en toon baie minder vertroue in hul mede-inwoners.

Keywords : myndorpe; vroue; Emalahleni; kwesbaar; persepsies; arbeidsmagdeelnamekoers; werkloosheid; besoedeling; misdaad; huishoudelike geweld.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License