SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

PRETORIUS, Marinda  e  BLAAUW, Derick. Kwesbare groepe in die informele ekonomie: ʼn Gevallestudie van motorwagte in Johannesburg se Wesrand. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.4, pp.642-656. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n4a14.

Suid-Afrika se hoë vlakke van motorverwante misdaad en hoë werkloosheid het oor die laaste 25 jaar aanleiding gegee tot die ontwikkeling van ʼn kenmerkende Suid-Afrikaanse praktyk waar mense teen ʼn fooitjie na voertuie by winkelsentrums se parkeerterreine omsien. Mense wat óf hul werk verloor het óf nie ander werk ooit kon kry nie, werk as motorwagte in Suid-Afrika. Hier geniet hulle bitter min, indien enige, van die beskerming wat die arbeidsbedeling aan formele werkers bied. Hulle is dus inderdaad ʼn uiters kwesbare groep in die informele sektor. Hierdie artikel is gegrond op ʼn opname onder 110 motorwagte in Roodepoort en Crown Mines in 2017 met die doel om die sosio-ekonomiese kwesbaarheid van motorwagte te ondersoek. Motorwagte is kwesbaar op beide sosiale- en ekonomiese vlakke. Motorwagte verdien ʼn lae inkomste en moet terselfdertyd ʼn aansienlike gedeelte van hul inkomste aan inkopiesentrums of motorwag-agentskappe betaal. Die gemiddelde motorwag in die opname verdien tussen R7.31 en R21.94 per uur. Die gemiddelde fooi per uur is bereken as R12.60 ten tye van die opname. Die huidige minimum loon per uur in Suid-Afrika is R20. Dit beteken dat die gemiddelde motorwag gemiddeld minder per uur verdien as die wettige minimum loon in die land. As daar in gedagte gehou word dat die bogenoemde syfers boonop bruto bedrae verteenwoordig (die motorwagte moet nog uit hierdie inkomste hul daaglikse fooi aan die motorwagorganisasie of winkelsentrum betaal), is die ekonomiese kwesbaarheid van motorwagte baie duidelik. Hierdie kwesbaarheid word vererger deur die onsekerheid ten opsigte van toekomstige inkomste. Hul werkomstandighede stel hulle bloot aan verskeie gesondheidsrisiko's en hulle is daagliks uitgelewer aan die elemente soos erge hitte en koue. As hulle nie werk nie (as gevolg van byvoorbeeld siekte), verdien hulle geen inkomste nie. Die rol van motorwagagentskappe en die groeiende aantal immigrante in die bedryf is belangrike areas vir toekomstige navorsing.

Palavras-chave : motorwagte; informele ekonomie; kwesbaarheid; oorlewing; werkloosheid; armoede.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons