SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DURAND, François. Verskuif die klaskamer ter wille van die oorlewing van Afrikaans as wetenskapstaal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.4, pp.599-610. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n4a10.

Afrikaans het grotendeels as onderrigtaal op universiteite verdwyn ten spyte daarvan dat Afrikaans een van die tale is wat die meeste in Suider-Afrika gepraat word en wat gevestigde vaktale het. Afrikaanssprekendes is as wetenskaplikes werksaam in sowel die privaat sektor as staatsinstansies. Afrikaanssprekendes was al vir groot deurbrake in die wetenskap verantwoordelik en talle werk as vakkundiges oorsee, al het hulle hul opleiding op skool en op universiteit in Afrikaans ontvang. Duidelik is mense wat in Afrikaans onderrig is, nie daardeur benadeel nie en kan hulle in elke opsig by internasionale wetenskaplikes kers vashou. Afrikaans as onderrigtaal word tans nog by sekere skole toegelaat, maar die druk op hierdie skole word al hoe groter. Die aantal Afrikaanssprekende onderwysers wat gedwing word om op universiteit in Engels onderrig te ontvang en wat daarna by ʼn Afrikaanse skool klasgee, word al hoe groter. ʼn Alternatief moet gevind word om Afrikaans as taal van die wetenskap en onderrig te laat oorleef, nie slegs vir die behoud van ʼn unieke inheemse taal wat oor eeue heen ontstaan het nie, maar ook vir die behoud van die Afrikaanssprekende gemeenskap en die handhawing van kommunikasie en onderrig binne hierdie gemeenskap, wat almal van kleuter tot akademikus, van boer tot konsultant, van navorser tot onderwyser insluit. Afrikaanse vakinhoud op die internet vir graad R tot universiteit waarby leerders, onderwysers en ouers baat sal vind, word as alternatief vir staatsbeheerde Engelstalige vakonderrig voorgestel.

Keywords : Afrikaans; wetenskap; vaktaal; voertaal; onderrigmedium; onderrig; internet; vakspesialis; skole; kurrikulum.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License