SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue4A preliminary investigation into the state of education after 1994 in selected schools in the Western CapeThe profile of the adult male as a mentor for adolescent boys from the West coast author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

SCHULTZ, Annine  and  LE CORDEUR, Michael. Die onderrig van Letterkunde in die Verdere Onderwys- en Opleidingfase binne die raamwerk van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.4, pp.545-561. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n4a6.

Letterkunde speel 'n noodsaaklike rol in sowel die kurrikulum as die ontwikkeling van leerders as wêreldburgers. Suid-Afrika is 'n uiters diverse land en dit is 'n moeilike taak om 'n letterkunde-kurrikulum te skep wat aan almal se behoeftes voldoen. 'n Probleem wat dikwels voorkom, is dat die sosiale konteks van die voorgeskrewe werke nie noodwendig in lyn is met dié van alle leerders nie en daarom word sommige leerders uitgesluit en akademies benadeel. Met hierdie ondersoek het ons probeer vasstel of daar 'n groot genoeg verskeidenheid sosiale kontekste in die voorgeskrewe werke aangespreek word om alle leerders in die Verdere Onderwys en Opleiding-fase (VOO) te akkommodeer, sowel as die moontlike verbeteringe wat aangebring kan word. Daar is van kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe data-insamelingsmetodes in die vorm van vraelyste en onderhoudvoering gebruik gemaak. Die deelnemers het bestaan uit drie Afrikaans Huistaal VOO-fase onderwysers van verskillende sosiale kontekste asook studente in hul vierde jaar wat die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) volg. Vraelyste is aan die NOS-studente uitgedeel en onderhoude is met ʼn deursnit van hierdie studente gevoer. Die meerderheid deelnemers was tevrede met die letterkunde-kurrikulum en is van mening dat die probleem eerder by die lys voorgeskrewe werke lê. Dit wil voorkom asof die poësie-afdeling voorsiening maak vir die meerderheid leerders, maar by die prosawerke word erge probleme ervaar. Daar is bevind dat die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) te voorskriftelik is, dat daar te veel assesserings plaasvind en dat die handboeke nie versoenbaar is met die kurrikulum nie. Indien die aanbevelings in hierdie artikel geïmplementeer sou word, sou die KABV beduidend verbeter kon word.

Keywords : Letterkunde-onderrig; letterkunde-kurrikulum; KABV; Suid-Afrika; diversiteit; sosiale konteks; voorgeskrewe werke; Afrikaans Huistaal; VOO-fase; NOS-studente.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License