SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue4Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languagesDevelopment and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

ENGELBRECHT, Petra. Die toepassing van inklusiewe onderwys: Internasionale verwagtinge en Suid-Afrikaanse realiteite. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.4, pp.530-544. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n4a5.

Onderwys vir leerders met leerbehoeftes wat as uitdagend beskou word, het die afgelope 30 jaar beweeg van ʼn benadering van aparte onderwysgeleenthede vir sulke leerders tot die internasionaal ondersteunde benadering van inklusiewe onderwys, naamlik die plasing van alle leerders in hoofstroomskole. Hierdie benadering word sterk gelei deur internasionale organisasies, met inbegrip van die Verenigde Nasies. Deur ʼn sistematiese literatuuroorsig te gebruik, fokus hierdie artikel op internasionale verwagtinge vir die instelling van inklusiewe onderwys soos vervat in internasionale verklarings en verslae, en op die realiteite met betrekking tot die toepassing daarvan in Suid-Afrika. Spesifieke sistemiese elemente van die toepassing van inklusiewe onderwys wat gereeld deur internasionale organisasies gemonitor word, en die realiteite van Suid-Afrikaanse pogings om dit te verwesenlik, word grondig bespreek. Dit word duidelik dat indien begrip vir die komplekse Suid-Afrikaanse kultuurhistoriese agtergrond en huidige sosioëkonomiese situasie nie in ag geneem word nie, die meeste van hierdie internasionaal gestelde elemente nie na verwagting verwesenlik kan word nie. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat unieke raamwerke vir die toepassing van inklusiewe onderwys in die Suid-Afrikaanse konteks ontwikkel behoort te word wat op die internasionale oorkoepelende doelwit van die reg op onderwys gebaseer is maar wat die uniek Suid-Afrikaanse positiewe, maar ook negatiewe, realiteite in onderwys in berekening bring.

Keywords : inklusiewe onderwys; diverse onderwysbehoeftes; hoofstroomskole; inklusiewe skole; gestremdhede; spesiale onderwysbehoeftes; leerstruikelblokke; leerbehoeftes; menseregte; sosioëkologiese model.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License