SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue4A critical assessment of a few of the literary prizes awarded by The South African Academy for Science and ArtsA preliminary investigation into the state of education after 1994 in selected schools in the Western Cape author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DU TOIT-BRITS, Charlene  and  BLIGNAUT, Henry. Posisionering van voortgesette selfgerigte leervaardighede in een-en-twintigste-eeuse onderwys. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.4, pp.512-529. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n4a4.

Selfgerigte leer (SGL) word in een-en-twintigste-eeuse raamwerke as ʼn kritieke vaardigheid vir leerders beskou ten einde hulle te kan voorberei op ʼn onvoorspelbare, snelveranderende opvoedingswêreld, waar gefokus moet word op die eise van die vierde industriële revolusie. Hierby aansluitend behoort 'n geslaagde onderwysstelsel die leemte tussen hoe en wat leerders leer en wat die ekonomie vereis sinvol aan te spreek deur geskooldes toe te rus om vaardighede te ontwikkel wat tersaaklik vir die arbeidsomgewing is. Die rasionaal van hierdie artikel is derhalwe dat opvoedkundige investering in die ekonomie - en daarmee skoling van leerders in voortgesette (lewenslange) SGL - onontbeerlik is en 'n sinvolle onderwysstelsel onderlê.

Keywords : onderwysstelsel; leer; onderwyser; selfgerigte leer; selfgerigtheid; leerders; voortgesette vaardighede; een-en-twintigste eeu.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License