SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número3Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

MIHAI, Maryke  y  VAN STADEN, Surette. Ondervindinge, uitdagings en suksesse: Vroeëleesbegrippraktyke in hulpbronbeperkte omgewings met kinders uit linguisties-diverse agtergronde. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.3, pp.436-450. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n3a8.

Leerderprestasie in geletterdheid in die vroeë grade in Suid-Afrika bly laag wanneer dit gemeet word aan 'n aantal nasionale en internasionale assesseringsprogramme. Hierdie artikel fokus op vroeë leesbegrip en verskaf bevindinge uit fokusgroeponderhoude met Grondslagfase-onderwysers oor leespraktyke wat gebruik word wanneer lees in hulpbronbeperkte omgewings onderrig word. Onderwysers getuig oor hoe hulle die onderrig van lees ervaar, asook wat hulle uitdagings en moontlike oplossings is om sukses te verseker. Die huidige studie dui op 'n gebrek aan leesbegripinstruksie in die vroeë grade. Dit bevestig verder dat onderwysers in staat is om nuwe woordeskat en klanke in 'n sekere mate bekend te stel, maar hul repertoire om 'n verskeidenheid begripsvaardighede aan leerders te onderrig, is beperk en min aanduidings dat leerders met begrip kan lees, word opgemerk. Hierdie studie toon aan dat leesinstruksie in 'n ontwikkelende, hulpbronbeperkte omgewing, nie bevredigend gedoen word nie.

Palabras clave : fokusgroeponderhoude; grondslagfase; hulpbronbeperkte omgewings; hulpbronuitdagings; leeshulpbronne; leesinstruksie; leesoplossings; leespraktyke; leesuitdagings; taalkundige diversiteit.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons