SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue3Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

MIHAI, Maryke  and  VAN STADEN, Surette. Ondervindinge, uitdagings en suksesse: Vroeëleesbegrippraktyke in hulpbronbeperkte omgewings met kinders uit linguisties-diverse agtergronde. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.3, pp.436-450. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n3a8.

Leerderprestasie in geletterdheid in die vroeë grade in Suid-Afrika bly laag wanneer dit gemeet word aan 'n aantal nasionale en internasionale assesseringsprogramme. Hierdie artikel fokus op vroeë leesbegrip en verskaf bevindinge uit fokusgroeponderhoude met Grondslagfase-onderwysers oor leespraktyke wat gebruik word wanneer lees in hulpbronbeperkte omgewings onderrig word. Onderwysers getuig oor hoe hulle die onderrig van lees ervaar, asook wat hulle uitdagings en moontlike oplossings is om sukses te verseker. Die huidige studie dui op 'n gebrek aan leesbegripinstruksie in die vroeë grade. Dit bevestig verder dat onderwysers in staat is om nuwe woordeskat en klanke in 'n sekere mate bekend te stel, maar hul repertoire om 'n verskeidenheid begripsvaardighede aan leerders te onderrig, is beperk en min aanduidings dat leerders met begrip kan lees, word opgemerk. Hierdie studie toon aan dat leesinstruksie in 'n ontwikkelende, hulpbronbeperkte omgewing, nie bevredigend gedoen word nie.

Keywords : fokusgroeponderhoude; grondslagfase; hulpbronbeperkte omgewings; hulpbronuitdagings; leeshulpbronne; leesinstruksie; leesoplossings; leespraktyke; leesuitdagings; taalkundige diversiteit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License