SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue3Franchisees' level of satisfaction with the opportunities and threats of franchisingAfrikaner and Zulu perspectives on the Battle of Blood River, 16 December 1838 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

STRAUSS, P.J.. "Hervormd" of "gereformeerd?": Die keuse voor die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Zuid-Afrikaansche Republiek in 1866. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.3, pp.367-381. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n3a4.

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk) in Suider-Afrika spruit uit die 17de-eeuse Gereformeerde Kerk in Nederland. In die jare 1855-1858 word die NG Kerk in die Zuid-Afrikaansche Republiek (1852-1902) se grondwet herdoop tot die Nederduitsch Hervormde Kerk en aangewys as die kerk van die staat. Die identifisering "Gereformeerd" of "Hervormd" vir hierdie kerk kom op hierdie stadium as wisselterme in die volksmond voor. Die kerk word egter nie geraadpleeg oor die formulering van die grondwet nie en kry nie amptelik kennis daarvan nie. Sommige leraars en lidmate aanvaar hierdie grondwetlike bepaling. Lidmate van die NG Kerk onder leiding van ds. Frans Lion Cachet van die NG Kerk Utrecht, verset hulle egter teen dié reëling. 'n Liberalisering in geloofskwessies en leefwyse in die ou Nederlandse Gereformeerde Kerk wat na die Hervormde Kerk verander word deur die Algemene Reglement wat hy in 1816 van die staatsowerheid ontvang, is die rede vir die afkeuring van die term "Hervormd". In 1866 word 'n eie sinode in die NG Kerk in die Zuid-Afrikaansche Republiek gevorm.

Keywords : Staatskerk; grondwet van die staat; afsonderlike; onafhanklike kerk; hervormd" geassosieer met teologiese liberalisme; Nederduitse Gereformeerde Kerk.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License